Local newsNews

VIDEO: Mevrou dominee in aksie

Hierdie was beslis 'n Sondag met sielskos wat die hartsnare geroer het!

KYK sy mag maar want sy kan! En as jy hierdie een misgeloop het moet jy seker maak jy is by die volgende geleentheid.

Op 1 Oktober het Ilse-Louise Herholdt-Rosser die gehoor behoorlik aan die note wat die kerk gevul het laat hang.

A Spiritual Sunday in Musical Mood is by Ligstad vanuit die ou Eeufeeskerk in Alberton Noord aangebied waar sy nie minder as agt insturmente bespeel het nie.

Soos een van die konsertgangers na die tyd gesê het: “Beslis ‘n vrou wat haar volle 10 talente in musiek ontvang het en dit boonop goed gebruik.”

KYK:

Van die saxsofoon en fluit, na mondflluitjie en tjello, panfluit, klavier en baskitaar en natuurlik die kerkorrel het sy nuwe lewe aan ou gunstelinge gegee.

Musiek uit verskeie films, so ietsie van Bach en nog meer – dit was net een groot genot.

Nodeloos om te sê aan die einde van die vertoning is sy staande toegejuig.

Die opvoering is ook op film vasgelê wat op kanaal VIA Channel 147 tydens die program Ek en My 5000 vriende uitgesaai sal word.

Na afloop van die verrigtinge is gaste op ‘n glasie vonkelwyn of wyn en so ietsie soets getrakteer.

So ietsie oor Ilse-Louise

Ilse-Louise staan aan die hoof van Ligstad Musiekskool. Sy het haar loopbaan begin na die voltooing van haar BMus (Cum Laude) waar sy in uitvoerende klavierspel by die Universiteit van Pretoria (UP) gespesialiseer het.

Sy het ook haar meestersgraad voltooi en spesialiseer hier in uitvoerende fluitspel en komposisie en is tans deur Unisa met haar doktersgraad besig.

Deur die jare het sy ‘n voorliefde vir jazz, kontemporêre en rock musiek ontwikkel en het sy haar eie besigheid, Power Music Entertainment, begin.

Ilse-Louise het al die verhoog met verskeie plaaslike kunstenaars, waaronder Kurt Darren en internasionaal met PJ Powers, Patrizio en Demis Roussos, gedeel.

MEEGEVOER: Ilse-Louise Herholdt-Rosser tydens haar vertoning by Ligstad.

Ook op haar kerfstok is vertonings vir celebs soos Oprah Winfrey en Hugh Masekela en dan is daar nog die teaterproduksie van die Lion King waar sy die voortou op die keyboard geneem het.

Voeg hierby die feit dat sy pas haar solo saxofoon debut album So Saxy and Flute-Tastic voltooi het en jy weet hier is een bondel talent.

Ilse-Louise is ‘n Albertonner in murg en been. Behalwe vir musiek is die ander punte van haar hart die vyf-maande oue kleinman Arthur-John en haar man Jim Rosser wat die Sondagdienste by Ligstad om 9vm lei.

Hou hierdie spasie dop vir beplande opvoerings by Ligstad!

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button