Kanker en kongres praatjies by VLU

Lede het by die NG Kerk Brackenhurst bymekaar gekom op 6 September.

KANKER, en veral Retinoblastoma het onder die soeklig gekom tydens Brackenhurst VLU-tak se maandvergadering op 6 September.

Die gasspreker, Elske Mertz het oor kinderkanker sowel as Retinoblastoma, wat ’n kanker in die oog is, gepraat.

Haar middelste seun is vroeg in sy lewe met dié kanker gediagnoseer en sy het hul gesin se kruistog met die lede gedeel.

Elske het al die simptome, behandeling asook haar seun se lewenspad met lede gedeel. “Ouers en familielede moet op die uitkyk wees vir babas en kinders onder vyf jaar wie se oë wit op foto’s vertoon. As jou oë rooi vertoon op ‘n foto is dit normaal. Maak seker dit word vroegtydig gediagnoseer,” het sy gesê.

Na afloop van Elske se praatjie was dit tyd vir sake van die dag vir die VLU-lede. ‘n Bedankingsbrief van Ona Matthee is voorgelees. Ona het na jare as lid die klub gegroet omdat sy verhuis het.

Susie du Plooy was ook bedank vir haar insette vir die marktafel waarvoor sy fugde gebak het.

WELGEDAAN: Barbara Steenkamp van Brackenhurst ontvang ‘n geskenk van Overvaal president, Ina Booyse, vir haar harde werk as beoordelaarsameroeper.

Die 2017 VLU Kongres was volgende op die lys. Die jaarlikse kongres van VLU Overvaal het op 2 en 3 Augustus by Meulstroom Lodge plaasgevind.

Vier van Brackenhurst VLU se lede het Kongres 2017 bygewoon. Agt items vanuit die Brackenhurst-tak het vir die kongreskompetisies gekwalifiseer en al die artikels het uitstekende punte behaal.

KONGRES: Anna-Marie du Plooy, Susie du Plooy en Marline van der Walt van Brackenhurst VLU tak tydens Kongres 2017.

Die tak is besonder trots op Elize Smook se spesiale prys (eerste plek) vir hekelwerk. Sy behaal 97 persent vir die pronkstuk wat sy gelewer het. Brackenhurst se agt artikels behaal ’n totaal van 620 punte wat ook die tweede meeste punte van die 11 takke in die Goue Suide Streek is.

Dié tak se vise-voorsitter Susie du Plooy is ook die streek se skakelbeampte. Sy is tydens die kongres aangewys as die Overvaal Skakelbeampte van die jaar aangewys.

BAIE GELUK SUSIE: Susie du Plooy en Anna-Marie du Plooy. Susie is op die onlangse Overvaal Kongres as skakelbeampte van die jaar aangewys

Barbara Steenkamp het tydens die kongres erkenning gekry vir haar werk as beoordelaarsameroeper en is met ‘n geskenk wat sy van Overvaal president, Ina Booyse ontvang het, beloon.

Die vergadering is op ‘n hoë noot afgesluit en die dames is reg vir woeker en werskaf tot ‘n volgende keer.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version