Local newsNews

Nooi koorgroep na jou funksies

Hulle mag maar sing.

ALBERTON Aftree Oord in Kritzingerweg het ’n koor onder leiding van Marlene Groenewald wat weekliks op Woensdae bymekaarkom.

Volgens een van die lede, Hans Raadgever, het hulle onlangs vir die bejaardes in Henley on Klip gesing en het dit baie goed gegaan. “Ons het ook verlede maand by die Methodistekerk in Heidelbergweg Young at Heart gesing met koor- en solosang in die optrede ingewerk en dit was ‘n lekker gesellige oggend,” het Hans gesê.

Marlene begelei die koor en solosangers met klavier en sy word deur Dieter Moller met sy kitaar bygestaan.

Die koor bestaan nou uit tussen 20 en 25 lede en hulle rig ’n versoek aan die gemeenskap om hulle na funksies te nooi. Hierdie vertonings word gratis gedoen en al wat die koor vra is dat die petrol vir die bussie vergoed sal word.

“Ons sal graag meer wil optree,” het Hans bygevoeg. Vir meer inligting, skakel Hans by 079 654 6253.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button