Local newsNews

‘n Desperate pleit om geliefde honde terug te kry

"Ek pleit my hart uit dat die persoon wie hulle aangeneem het, dit asseblief oor sy / haar hart kan kry om hulle aan my terug te besorg."

Ek het verhuis en iemand vetrou om na my diere te kyk totdat my nuwe woonstel, wat diere vriendelik is, beskikbaar sou word. Ek het ’n ooreenkoms met die persoon gesluit. Ek was elke keer in kennis gestel dat alles reg is en goed gaan, totdat ek Dinsdag 4 Julie geskakel het om te laat weet dat ek my hondjies gaan kom haal.

WEG: Spot, Zazu en Zorro.

Met ’n groot skok vind ek uit dat die oppasser van hulle ontslae geraak het. Hy het geweier om enige besonderhede aan my bekend te maak. Na ’n bakleiery het hy my laat weet dat hulle sonder my medewete op 7 Junie by Booysens DBV afgelaai is. Hy het my hondjies as strays afgelaai.

Ek het toe die DBV gekontak en hulle was baie behulpsaam en het al hulle rekords na gegaan en my diere opgespoor. Maar, die probleem is dat hulle laasweek aangeneem is deur iemand, en, volgens die DBV is die inligting vetroulik en mag dit nie aan my gegee word nie.

WEG: Zazu die Cocker Spaniel.

Ek pleit uit my hart uit dat die persoon wie hulle aangeneem het, dit asseblief oor sy/haar hart kan kry om hulle aan my terug te besorg. Daar is ’n groot leemte in my lewe sonder hulle. Ek sal alle kostes dek wat die persoon aangegaan het om hulle aan te neem.

Hulle name is Spot, die swart en wit Jack Russel, Zorro, die pikswart Jack Russel en Zazu, die Cocker Spaniel.

WEG: Zorro, Spot en Zazu.

Asseblief besorg net my diertjies terug aan my, pleit ek. Ek het hulle nie vir een oomblik weggegooi nie en sal ook nooit nie. My grootste fout was dat ek my vetroue in daardie oppasser gesit het.

Asseblief, sit julself net vir een oomblik in my skoene en dink aan hoe julle sou gevoel het as dit julle hondjies was. My kontaknommer is 071 890 9551 indien iemand enige inligting het wat kan help.

Desperaat

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button