Inwoner moeg vir riool in sy erf

Riool net waar jy kyk.

“EK is moeg vir die riool in my erf en ek is ook moeg vir die reuk,” was die woorde van ’n moedelose inwoner (56) in Berghstraat 6, Florentia.

Rou riool loop in sy erf in vir langer as ‘n jaar al en daar word niks daaraan gedoen nie. Die inwoner, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het in November die erf self skoongemaak en die riool verwyder en het later begin siek voel.

VERWYSINGS: Hier is al die verwysingnommers, met datums, maar geen terugvoering is al deur EMM gegee nie.

Hy was dokter toe en is met ‘n blaasinfeksie gediagnoseer, maar hy het nie beter gevoel nie. “Die dokter het toetse op my gedoen en my bloedmonsters weggestuur. Die eindresultaat was dat ek die Eschericia coli, oftewel E. coli-virus het,” het hy gesê.

Volgens News24 is dit is ‘n bakterie wat in die ingewande van alle warmbloedige organismes gevind word. Die E. coli-variasie, wat die grootste oorsaak van menslike siektes is, is die sogenaamde 0157:H7. Dit veroorsaak ‘n ernstige ingewande-infeksie wat lewensgevaarlik kan wees. ‘n Gesonde volwassene herstel gewoonlik binne vyf tot sewe dae, maar indien die pasiënt nie die korrekte behandeling kry nie, kan hulle ‘n infeksie opdoen wat nier-versaking veroorsaak.

Besmetting word oorgedra deur besoedelde water in te neem, soos in Uvongo en ook deur besmette kos te eet – soos halfgaar gemaalde beesvleis, ongepasteuriseerde melk, of selfs rou groente.

MEDIKASIE: Die inwoner is op dié medikasie omdat hy weens die riool die E.coli-virus opgedoen het.

Dié inwoner moes al sy mediese onkostes self dek en dit het hom byna R6 000 gekos.

Hy het sewe verwysingsnommers van EMM, maar steeds word daar geen reaksie getoon nie. “As die munisipale werkers wel opdaag druk hulle ’n draad in die verstopte drein op en dan ry hulle weer. As die drein só verstop, loop die riool nie net in my erf nie maar ook in die inwoners van Bergstraat 4 en 8 se tuine in,” het hy gesê. “Ek moes my hele groentetuin agter in my erf toemaak omdat die riool daar loop. Dit loop party keer so erg dat ’n mens in dit kan swem,” het die gefrusteerde inwoner gesê.

Hy het al talle nommers gebel om die probleem te probeer oplos want dit is duidelik ’n gesondheidsrisiko.

Nog ’n probleem wat die inwoner ondervind het, was die swak diens wat hy by die munisipale kantore ontvang het. “Die vrou wat my gehelp het, het in die hoek gesit, op haar foon gepraat en nie eers opgestaan nie. Dit is uiters swak,”

*Die REKORD het kommentaar by EMM aangevra en sal sodra die terugvoering deurgegee is, dit publiseer.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version