VLU Sonskyn bespreek “kunstenaar van die jaar”

"Hy het in verskeie TV-reekse en rolprente gespeel en was ook by verskeie kunste feeste."

KUNS en kultuur het tydens die VLU Sonskyn-tak se vergadering op 3 Julie hoogty gevier.

Die oggend het, soos gewoonlik, met ’n warm koppie tee en ’n soetigheidjie begin.

Dini Jansen, die voorsitster, het die vergadering geopen en almal welkom geheet.

Jeanette Vorster was die dag se gasspreker en met die tema in gedagte, het sy so bietjie oor hul VLU kunstenaar van die jaar, Jacques Bessenger, gesels.

BEDANKING: Dini Jansen (regs) oorhandig ’n geskenkpakkie aan Jeanette Vorster om dankie te sê vir haar voorlegging.

Sy vertel: “Jacques is gebore op 6 Februarie 1980. Hy is bekend vir sy rol as Renier de Kock wat hy in die sepie, Erfsondes, van 2009 tot 2012, vertolk het. Hy het in verskeie TV-reekse en rolprente gespeel en was ook by verskeie kunste feeste betrokke.

“Sy rolprente sluit in Wolwedans in die Skemer, Ballade vir ’n Enkeling, Bakgat³, Alles Wat Mal Is, Sink, French Toast, Die Geur van Appelkose en Modder en Bloed. Dan is daar die TV-reekse waarin hy gespeel het. Dié sluit in Erfsondes, Generations, Binnelanders, Die Byl, Song vir Katryn, Donkerland, Fluiters, Huis van Liefde, The Road, Keeping Score, Mzanzi Love, Tshisa en Jozi Streets.

“Jacques was ook deel van verskeie kunstefeeste, soos Aardklop: So Ry Miss Daisy, Grahamstad: The Quiet Violence of Dreams en RSG, om maar net ’n paar te noem. Jacques se lewe was nie altyd so lekker nie maar vandag is hy dankbaar en streef na selfs gróter toekomsdrome.

“Jacques balanseer sy werk met joga, die gimnasium en sy sosiale lewe. Hy sê as hy ’n jaarkontrak sou kry vir ’n TV- reeks, vernaam Isidingo, sou hy dit met albei hande aangryp.”

So sluit Jeanette dan haar voorlegging af en los al die VLU-lede met ’n nuwe perspektief oor vandag se jong Afrikaanse akteurs.

KUNSTENAAR VAN DIE JAAR: Jacques Bessenger was die onderwerp van die Jeanette Vorster se voorlegging.

Dini Jansen gaan toe voort om vir Anelia Ward geluk te wens – sy het R250 gewen as Bernina se Goue Suide wenner vir ’n plekmatjie wat sy ingeskryf het. Anelia is ’n wel-verdiende wenner as mens kyk na al die mooi kunsvlyt, hekel-, brei- en naaldwerk wat sy kan doen – haar hande staan vir niks verkeerd nie!

Só kom nog ’n VLU-vergadering tot ’n einde. Die volgende vergadering sal op Maandag, 7 Augustus plaasvind. As jy belangstel om by die VLU Sonskyn-tak aan te sluit, skakel gerus vir Dini op 082 552 4683.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version