Local newsNews

Beperk jou ekologiese voetspoor

VLU-lede was geskok, maar terselfdetyd bly, om iets nuut te kon leer.

DIE Brackenhurst Goue Suide VLU het op Woensdagoggend, 7 Junie, weer vergader in die Brackenhurst NG Kerk. Gasspreker Deon Oosthuizen het gesels oor ‘n baie ernstige saak – omgewingsbewustheid en die toekoms van ons aarde.

Anna-Marie du Plooy het soos gewoonlik die vergadering geopen en almal verwelkom. Sommige lede kon nie anders as om kombersies saam te bring om oor hul skote te gooi nie – dit was ‘n vars, koue oggend en almal het ‘n koppie tee of koffie hartlik verwelkom.

GASSPREKER: Deon Oosthuizen gesels oor omgewingsbewustheid.

Die dag se gasspreker, Deon Oosthuizen, was opgewonde om vir almal ‘n Powerpoint-voorlegging aan te bied. Die tema was omgewingsbewustheid waaronder herwinning, volhoubaarheid en die mensdom se ekologiese voetspoor ernstig bespreek is.

Deon het gebruik gemaak van skokkende fotos, statistieke en wetenskaplike voorspellings van die toekoms indien die mensdom nie ernstig begin aandag gee aan die omgewing, herwinning, waterbesparing en volhoubaarheid nie. Hy het beklemtoon dat daar nie ‘n toekoms sal wees vir volgende generasies tensy ons as mense ophou leef vir die “nou” en dag-vir-dag omgewingsvriendelike leefstyle aanneem nie. VLU-lede was geskok, maar terselfdetyd bly om iets nuut te kon leer.

OMGEWINGSBEWUSTHEID: Deon Oosthuizen se voorlegging dring aan dat elke mens omgewingsvriendelike besluite en leefstyle moet aanneem vir die toekoms van ons nageslag..

Op ‘n ligter noot: tien klein pare denims en t-hemde is deur lede ingesamel om by hul Kongres byeenkomste aan die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie uit te deel, sodat hulle dit sal skenk aan hul kinderhuise. “Die dames dra gewoonlik baie by en die klere word altyd met baie dankbaarheid ontvang,” sê Susie du Plooy, VLU skakelbeampte. “So het ons al slaapklere, sweetpakke, onderklere en sokkies geskenk – sommer alles waaraan jy kan dink.” Hierdie projek staan bekend as die Overvaal projek en vind jaarliks plaas.

Om by die VLU-Brackenhurst Goue Suide Streek aan te sluit, skakel gerus vir Susie op 082 465 0044.

WELKOM: Anna-Marie du Plooy verwelkom almal by die vergadering.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button