Kleuters te opgewonde oor nuwe speelarea

Ligstad Voorskool spog met hul eerste T-hemp.

DAAR heers groot opgewondenheid onder die kleingoed by Ligstad se voorskool want dit is nie immers elke dag dat iets nuuts jou te beurt val nie.

Ligstad Voorskool, in Alberton-Noord, spog met ’n nuwe speelarea sowel as nuwe T-hempde.

OULIK: ‘Walking by Faith’ staan agterop Ligstad Voorskool se nuwe hempies.

Die kleuterskool, wat ’n nie-winsgewende organisasie is, is al te dankbaar vir die nuwe speelarea. Kleuters kan nou op speelrame en ook in die sand speel. Volgens Gerda Roestof, hoof van die voorskool, is die kleuters in hulle noppies oor die speelgrond. Die nuwe hempies is lemmetjie groen met die Ligstad-logo, Walking by Faith, voorop en agterop. Onnies en kleuters het op Woensdag, 10 Mei, dieselfde gelyk en vir die eerste keer in die speelarea in ‘n groen golf betrek en al te lekker gespeel.

Gerda het ook genoem dat die ekstra klaskamers verlede jaar gebou was en dat die toilette ook opgegradeer is. “Dit is alles te danke aan hom daar bo, ons is so geseënd en die Voorskool wat al drie jaar lank bestaan het al baie gegroei,” het sy gesê.

SPEEL IS MOS LEKKER: Kleuters was so opgewonde oor hulle nuwe speelarea wat op 10 Mei vir hulle oopgemaak was.

Sy het Henriette, van Spectrum Screen Printing, NG Kerk Wes, Ligstad-ouers- en personeel vir al hulle hulp bedank. “Sonder julle donasies en harde werk kon ons dit nie gedoen het nie.”

Tydens ’n onderhoud met die REKORD het Gerda ook gesê dat daar nog plek oop is vir kinders van die ouderdom drie tot ses jaar en belangstellende ouers kan haar skakel by 011 907 0518.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version