Local newsNews

Varsgedruk nou aanlyn

Vandag is Varsgedruk ’n huishoudelike naam en sinoniem met die nuutste boeke.

Ses jaar gelede het Varsgedruk die Suid-Afrikaanse boekindustrie vernuwe deur boeke vir die eerste keer deur middel van aksiebelaaide boeklokprente aan ’n nuwe gehoor bekend te stel.

Sedertdien het die Varsgedruk-span reeds meer as 350 boeklokprente vervaardig wat weekliks as boekinsetsels op kykNET verskyn, en aangebied word deur geliefde aktrise Susanne Beyers.

Vandag is Varsgedruk ’n huishoudelike naam en sinoniem met die nuutste boeke. Om dit vir boekliefhebbers nou nóg makliker te maak om hul gunsteling-boeke in die hande te kry, het die innoverende span sopas ’n doelontwerpte aanlyn-boekwinkel bekendgestel, www.varsgedruk.co.za. Hierdie splinternuwe webtuiste verkoop slegs boeke, so lesers kan nou die nuutste Afrikaanse boeke moeiteloos aanskaf en gratis laat aflewer – selfs in die platteland.

Derick Muller, die skepper van Varsgedruk, sê: “Ons doel was van die begin af om iets by te dra tot die lewendige leeskultuur onder Afrikaanssprekendes. Met die webtuiste is dit nou soveel makliker om al jou gunsteling-boeke in die hande te kry. Varsgedruk se aanlyn-boekwinkel het reeds sy eerste verkope in Desember verlede jaar gesien, toe die webtuiste vir ’n paar dae aanlyn was vir toetse. ’n Leser van Pretoria het vyf boeke bestel; toe moes ons spring! Dit is net weereens ’n bewys van hoe groot die vraag is na ’n platform vir Afrikaanse lesers om hul boeke op te koop.”

Nou kan boekliefhebbers werklik lekker lees met Varsgedruk.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button