Hoërskool Dinamika spog met “gladde bekke”

Vier oulike redenaars het die gehoor behoorlik aan hul lippe laat hang...

HOËRSKOOL Dinamika het gedurende Maart aan die ATKV-Redenaars deelgeneem wat by Hoërskool Marais Viljoen plaasgevind het.

Vier oulike redenaars het die gehoor behoorlik aan hul lippe laat hang en na die halfeindrondte deurgedring.

Cameron Coetzer (Graad 12) het ‘n uitstekende toespraak gelewer en die gehoor op die punte van hul stoele gehou.

Lara Feenstra (Graad Nege) het ‘n “koorsige” toespraak gelewer oor Suid-Afrika wat koors het. Sy het in die onvoorbereide kategorie gepraat. Rozelle Stegman (Graad Nege) het ook ‘n onvoorbereide toespraak gelewer oor Suid-Afrika se filmbedryf en het haarself goed van haar taak gekwyt.

Danica Joubert (Graad Agt) het vir die eerste keer aan die ATKV-Redenaars deelgeneem en het ‘n opwindende toespraak gelewer oor die feit dat ons meer narre in die sirkus van die lewe nodig het.

Hiermee wens Hoërskool Dinamika dié gladde bekke baie geluk met hul prestasies. Reik na die lig en hou so aan!

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version