Maurice laat die ‘Green Genie’ uit die bottel uit

Dit is belangrik om goeie gewoontes, soos om te herwin, van jonk af te leer en toe te pas in alledaagse lewe.

HOËRSKOOL Dinamika se Eco Club het Saterdagoggend, 22 April, weer vergadering gehou in Juffrou Ingrid Schroeder se biologie-klas. Maurice Britten, ‘n kennisvolle akademikus, het ‘n insiggewendee aanbieding oor die “Green Genie” maatskappy, asook hoe belangrik volhoubaarheid is, gelewer.

GAAN GROEN: Maurice gesels met die Dinamika Eco Club in Juffrou Ingrid Schroeder se klas.

Die vergadering het om 9vm begin. Ingrid stel Maurice Britten en sy vrou van 40 jaar, Karen Cooney, aan die klas voor. Maurice is van Joraform Africa, ‘n kompos-tegnologie maatskappy wat gebasseer is in Swede. Hy gesels oor volhoubaarheid, kompos-tegnologie en hoe Joraform se “Green Genie Compost Bins” ‘n helderder toekoms aan die aarde kan bied.

“Respekteer die natuur. Omskep organise voedselafval en sagte plant materiaal in kompos in net vier weke. Hoewel afval kossie baie CO2 vrysetel, verlaag jy die carbon footprint wanneer jy dit in kompos omskep en boonop is dit wonderlike voedsel vir jou tuin. ” vertel hy, in sy Noord-Britse aksent, met notas en illustrasies aan hand.

Met behulp van sy projektor-aanbieding, bespreek hy interessante feite oor die “Green Genie” organisasie. Hy noem ‘n interessante term, naamlik cradle-to-cradle: die volmaakte siklus van wanneer gegroeide voedsel geëet is en die nalaatsels daarvan in kompos verander word, en teruggesaai word in die aarde.

Daarna maak Maurice ‘n sterk aanmoediging aan die Eco Club, wat meestal in hul jeugjare is, dat hulle moet onthou dat die wat afval genereer ook verantwoordelik is daarvoor. Hy vertel hoe belangrik dit is om hierdie goeie gewoontes, soos om te herwin, van jonk af te leer en toe te pas in alledaagse lewe.

SAAD PAKKIES: Dinamika Eco Club gee sonneblom sade weg vir die wat hul eie wil groei.

Om die aanbieding op ‘n skokkende noot af te sluit, wys Maurice vir almal ‘n foto van koeie wat wei in stortingsterreine, en aan vullis vreet. Hy sê mens kan dié soort situasies help verbeter deur ‘n eco-vriendelike leefstyl aan te neem deur die eenvoudige verminder, hergebruik en herwin beginsel.

Ter afsluiting gesels Ingrid met almal en moedig hulle veral aan om omgewingsbewus en –betrokke te wees. Sy is veral lief vir die natuur, neem graag kennis daarvan, en voel verplig om dit te help. Sy noem www.LatestSightings.com, ‘n webtuiste waar ‘n mens wildlewe kan rapporteer soos wat dit gesien word. “Volgende keer as julle Pilanesberg toe gaan, en ‘n vreemde voël hoor of ‘n snaakse dingetjie sien, gebruik dié webtuiste. Dit help regtig,” sê sy vir die klub.

Om die bogenoemde webtuiste te gebruik, en moontlike onontdekte spesies te rapporteer, is ‘n voorbeeld van burgerwetenskap. Ingrid sê hierdie is ‘n baie maklike, lekker manier om by te dra tot wetenskaplike ontwikkeling. “Elke stukkie inligting help tog,” sê sy.

KOMPOS PROSES: Maurice verduidelik die kompos proses wat binne-in die Green Genie Compost Bin gebeur.

As jy meer wil weet oor Dinamika Eco Club, of dit wil bywoon, of dit wil ondersteun met ‘n donasie, skakel gerus Dinamika se kantoor op 011 867 5986 en vra vir Ingrid Schroeder, of besoek Hoërskool Dinamika by 55 Roy Campbell St, Brackenhurst, as jy naby woon.

JUNIOR STADSRAADSLID: Melandré van Lill, leerder en lid van die Dinamika Eco Club, is ook die adjunk-burgemeester van die Ekurhuleni Junior Stadsraad. Indrukwekkend!

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version