NewsSchools

Verloor of nie hulle hou Alberton se naam hoog

Dit was 'n harde wedstryd, maar ook 'n skoon een, 'n goeie voorbeeld van die sportsmanskap wat rugby gewoonlik uitstreel.

HOËRSKOOL Alberton het hul eerste nederlaag vir die seisoen ervaar toe Secunda hulle met 23-15 verslaan het by Dr Malan, in die NWU Pukke eindstryd, op 22 April.

Dit was ‘n harde wedstryd, maar ook ‘n skoon een, ‘n goeie voorbeeld van die sportsmanskap wat rugby gewoonlik uitstreel.

Alberton het goed begin en balbesit deur verskeie fases behou, maar Secunda se dissipline was uitstekend en het baie min strafskoppe by die afbreekpunte afgestaan.

Die Allies span was bietjie onervare, maar was goed gelei deur hul inspirerende kaptein, agsteman, Tyrone Loots.

Alberton het die meeste balbesit geniet, maar kon dit net nie in punte omskep nie.

Secunda het eerste punte op die telbord gesit deur ‘n strafskop, maar die Allies het teruggeslaan toe hulle heelagter, Jonothan Potgieter, deur Secunda se verdediging gesyl het vir die eerste drie van die wedstryd. Ruaan Muller het die drie verdoel om die voorsprong te neem en die twee spanne het strafskoppe geruil en teen halftyd was die telling 10-6 in Alberton se guns.

Die tweede helfe was egter ‘n ander storie en die Allies het swaargetrek met slegte besluitneming en taktiese skopwerk, omkeur van balbesit in kontak of net besit weggee deur die bal in hul hande te skop.

Secunda moet geprys word op hul verdediging en hulle het Alberton onder druk geplaas en gefrustreer wat gelei het na baie foute.

Loots het ‘n uitmuntende drie gedruk, maar dit was ongelukkig die enigste hoogtepunt vir die Allies in die tweede helfde.

Dit is merkwaardig dat Alberton se twee afrigters, Piet Aucamp en Freek Erasmus, alhoewel teleurgesteld, kalm en filosofies was oor die nederlaag.

Nog ‘n span wat genoem moet word is die Allies se o-15 span wat verlede jaar die Goue Leeus Liga se o-14 titel gewen het en het nou ook ‘n NWU Super 16 titel onder hul belt.

Hulle het met ‘n telling van 20-12 met Bastion afgereken met ‘n baie aggresiewe wedstryd, meer van die afrigters as die spelers.

Al die Allies spanne presteer goed op die veld, so hulle hou Alberton se naam hoog.

*Artikel (vertaal) en foto verskaf deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button