‘Ons sal jou onthou, Wylma’

Albertonners se harte is seer oor Wylma.

DIE beeldskone en bekende Wylma Smalle het haar stryd teen kanker op 7 April verloor.

Sy is sowat vier jaar gelede met neuro-endiokriene gewas (NET) gediagnoseer. ‘n Troosdiens ter herdenking van Wylma se lewe was op 18 April vanuit die NG Kerk Alberton Suid gehou.

Wylma was baie bekend onder modelle en het ook Smalle Modelling Academy vanaf 1986 tot 1997 bedryf. Sy het gesorg dat modelle op hul beste lyk. Vir baie inwoners was sy die toonbeeld van Mevrou Alberton.

“Enige iets wat te doen gehad het met mode, modelwerk en skoonheid was Wylma die een na wie toe almal gedraai het. Sy was ’n dinamiese vrou wat vir alles kans gesien het. Sy sou nooit die huis verlaat het voordat sy nie op haar beste gelyk het nie,” het Wim, haar man, gesê.

Wylma was ook boesemvriende met Johann van der Merwe (bekend onder Albertonners as Mnr Alberton) en het ook die eerste boom in Alberton Boulevard jare gelede geplant.

Wylma is op 2 Junie 1941 in die Karoo gebore en sy en Wim het mekaar in Johannesburg onmoet. Volgens hom was dit love at first sight.

SOOS ONS HAAR GEKEN HET: Wim Smalle het die foto gedeel met die REKORD.

Sy en haar man is in 1964 getroud en die egpaar het vier kinders, waarvan twee oorlede is, en vier kleinkinders. Hulle was soos vinkel en koljander, het saam die wêreld rond getoer en was altyd saam.

Volgens Wim het dié siekte Wylma baie verander, maar niemand sou sê dat sy siek was nie. “Tot op haar laaste het sy goed gelyk en sy was ’n ou tawwe lady,” het hy met ’n glimlag gesê. Hy het haar ook die laaste jaar 24 uur versorg.

Wim het ook aan die REKORD gesê dat Wylma gereeld in die Alberton REKORD was en dat welsynsorganisasies en minderbevoorregte mense haar na aan die hart gelê het. Sy het baie modeparades gehou terwill van dit en wou altyd terug gee aan die gemeenskap. Wylma was vir etlike jare ook ‘n beoordeelaar by die eertydse Mej Alberton kompetisie.

Wylma het ook onder andere met Anneline Kriel, wat in 1974 as Mej Wêreld gekroon is, gewerk en ook met baie ander Mej Suid- Afrika wenners. Sy het ook die winkel Just Me vir sowat vyf jaar besit.

“Dit is vir my nog te vroeg en nog te seer om te kan sê wat ek die meeste van haar gaan mis, maar sy was my alles en niemand sal haar kan vervang nie. Sy was ’n wonderbare vrou, ma en ouma,” het ’n hartseer Wim vertel.

JONGER DAE: Die stylvolle Wylma Smalle in haar jonger dae.

Op haar begrafnisbrief het haar dogters die mooiste boodskappe vir hulle ma gelaat, maar wat die meeste uitgestaan het was die volgende wat deur Wim geskryf was; “Jy was my rots, sonder jou is ek niks. My nooi vir altyd.”

Wylma laat haar man, kinders, kleinkinders, familie en vriende agter.

TROUDAG: Hier is foto’s van Wim en Wylma op hul troudag.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version