Local newsNews

Hardloop vir Bybels

Atlete kan geld vir Bybels kilometer vir kilometer insamel.

DIE Bybelgenootskap van Suid-Afrika nooi jou hartlik uit om deel te neem aan die “Hardloop vir Bybels”-projek tydens die 2017 Comrades Marathon op 4 Junie.

Trek jou tekkies aan en stel jou stophorlosie om vanjaar deel te word van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se “Hardloop vir Bybels”-projek.

Belangstellendes kan vanjaar deel raak van dié projek deur deel te neem aan die Comrades Marathon.

As dié wedloop egter nie in jou visier is nie kan atlete deelneem om by te dra tot die werk van die Bybelgenootskap, deur ook aan die Two Oceans-, Loskopdam-, Suikerbosrand- en Nedbank City-marathon in.

Vriende, familie, gemeentelede of kollegas kan atlete borg vir elke kilometer wat hulle aflê en só word geld vir die Bybelgenootskap dan ingesamel.

Borgvorms word slegs aan atlete beskikbaar gestel ná registrasievorms vir die wedloop deur die Bybelgenootskap ontvang is.

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word sal gebruik word vir ’n verskeindenheid van die Bybelgenootskap se projekte wat onder meer daarop gerig is om Bybels aan arm mense beskikbaar te stel asook Bybelvertaling vir SA en die Afrika kontinent.

Geld sal onder meer gebruik word vir die vertaling van die Engelse Bybel vir dowes, die verspreiding van Bybels onder gevangenes, Graad Sewe leerlinge in agtergeblewe gebiede, en aan mense in Suid-Afrika se buurlande, Bybelprogramme wat spesifieke behoeftes aanspreek met die doel om interaksie met die Woord te bevorder en Bybelgebaseerde geletterdheid onder kinders.

Vir meer inligting, kontak Marina Stebbing by 011 970 4010 of per e-pos stebbing@biblesociety.co.za.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button