Bracken-Blommeklub toor iets uit niks

Uit houtkratte haal sy glas vase, wit angeliere, uitgedroogte blare, takkies, boombas-stukke, en ander ondenkbare materiale uit.

DAAR is g’n so ding soos weggooi-goed nie – veral nie vir die Bracken-Blommeklub se dames nie.

IN ‘n JAPTRAP: Lyn het hierdie romantiese roos-rangskikking sommer gou-gou aanmekaar gesit.

Op Woensdagoggend, 19 April, het die Bracken-Blommeklub weer vergader by die NG Kerk Brackenhurst. Lyn Doyle, ‘n ervare blommerangskikking-ontwerper, is voorgestel as kreatiewe demonstreerder. Sy het die dames gewys hoe om pragtige rangskikkings te maak uit herwinbare of weggooi-goed. Sandra Labuschagne, voorsitter van die klub, het die vergadering begin en daarna het almal ‘n koppie tee en ‘n snytjie lemon-meringue tert geniet. “Teedrink is ‘n hoogtepunt van hierdie vergaderings,” spot Sandra.

IETS UIT NIKS: Hierdie rangskikking is gemaak uit ‘n gebreekte vaas, gedroogte takke, blare en boombas.

Lyn stel haarself toe voor en begin die demonstrasie deur vir die dames ‘n paar wyse wenke te gee oor blommerangskikking. Die tema van dié demonstrasie-klas was something out of nothing. Uit houtkratte haal sy glas vase, wit angeliere, uitgedroogte blare, takkies, boombas-stukke, en ander ondenkbare materiale. Sy sê: “Keep your broken vases, old bricks and dried leaves – you can always make use of these again.”

TEETYD: Klub lede sien altyd uit na die heerlike happies en tee – hierdie keer was daar lemon meringue en klein pasteitjies.

Almal het aandagtig gekyk hoe sy elke takkie, blommetjie en vreemde dingetjie op hul plekkie sit. Sy verduidelik, soos wat sy demonstreer, wat die beste werk as dit kom by verskillende rangskikkings. En siedaar – uit weggooi-goed maak sy vyf pragtige rangskikkings, mooi genoeg vir ‘n troue!

ANGELIERE: Lyn rangskik ‘n moderne swart-en-wit stuk met angeliere, swart takke en ‘n geverfde baksteen.

Die demonstrasie sluit af met ‘n applous en ‘n gedeel van kreatiewe idees vir die volgende werkswinkel. Dié sal plaasvind op Woensdag, 17 Mei, weereens by NG Kerk Brackenhurst.

ABSTRAK: Hierdie eenvoudige rangskikking wys dat ‘n paar blaartjies en ‘n stuk seekoraal wonders kan bereik.

Indien jy belangstel om die vergadering by te woon, of om deel te word van die Bracken-Blommeklub, kontak gerus vir Corrie Raubenheimer op 011 869 2206.

STEL JOU VOOR: Lyn Doyle, demonstreerder (links) en Sandra Labuschagne, voorsitter.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version