Lizaan het voluit gelewe

Sy was ’n leerling van Hoërskool Alberton.

ALLIE-LEERDERS se harte is stukkend nadat dié skool op Maandag, 10 April, die nuus van Lizaan Badenhorst (17) se skielike dood ontvang het.

LIEFDE: Hier is Janet Badenhorst saam met haar dogter, Lizaan. (Foto: Facebook)

Die skool het die volgende geskryf, “Lizaan Badenhorst, ‘n Graad 12-leerder, is laat vanmiddag (10 April) oorlede. Innige simpatie aan Lizaan se ouers, familie en vriende. Ons bid dat ons Liewe Heer u sal vertroos in hierdie baie hartseer tyd.”

Lizaan was ’n Graad 12 leerling van die skool en volgens die boodskappe op sosiale media, was sy baie geliefd. Janet Badenhorst, ma van Lizaan, het aan die REKORD vertel dat haar dogter voluit gelewe het.

GELIEFD: Lizaan Badenhorst was ’n Graad 12 leerling van Hoërskool Alberton. (Foto: Facebook)

“Sy was ’n beeldskone dogter met ’n borrelende en sprankelende persoonlikheid. ’n Meisie wat lief was vir sport en vir enige iets lekkers, veral ‘n roomys,” het ’n huilende ma gesê.

Lizaan het ook baie van netbal en tennis gehou, en sy het ook graag in haar vrye tyd geoefen by die gym. Sy was op 30 Augustus 1999 in Primrose gebore. Volgens Janet bly hulle nou al vir agt jaar lank op Alberton en het Lizaan haar Laerskoolloopbaan by Laerskool President Steyn voltooi.

RUS SAG: Lizaan Badenhorst is op Maandag, 10 April oorlede. (Foto: Facebook)

“Ek het net verlede week vir haar aansoek gedoen by Pukke (Universiteit van Noordwes) sodat sy volgende jaar daar kon gaan leer het. Sy was so opgewonde oor dit,” het haar ma gesê.

Haar ma het ook gesê dat sy stomgeslaan is oor hoe baie mense Lizaan geken het en oor hoeveel boodskappe daar vir haar op haar Facebook-blad gelaat is.

TOTSIENS: Lizaan Badenhorst se begrafnis vind op 21 April plaas.

Lizaan se begrafnis vind op Vrydag, 21 April om 10.00 vanuit die Hervormde kerk Seester gemeente op die hoek van Nasturtium- en Evastraat in Brackenhurst plaas.

Die donkerkop dogter laat haar pa (Frans), ma (Janet), ouer suster (Janijke), vriende en familie agter.

Hier is van die boodskappe wat vriende en vriendinne op haar Facebook-blad gelaat het:

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version