Hennie Alberts ‘n probleem

“Dit hou ’n gevaar vir motoriste in.”

HENNIE Albertsstraat is deesdae ’n groot frustasie vir motoriste weens die toestand van die pad. Naby die Lewenssentrum kerk, by die vierrigting verkeerslig, staan groot ronde asblikke aan die een kant van die pad wat ’n gedeelte afbaken om die slaggate. Net boontoe in die pad, oppad na Brackenhurst toe, staan daar nog asblikke aan die regter kant van die pad wat ook ’n slegte deel van die pad afbaken. “’n Mens moet letterlik van die vinnige baan skuif na die stadige baan om dit mis te ry,” het ’n motoris gesê.

AAKLIG: Dit is asof die asblikke die slegte dele van die pad afbaken.

Die REKORD het in die straat gery en opgemerk dat daar’n bord by die afgebakende areas is, wat aandui op padwerke, maar die bord is met klippe op die grond vasgesit. Die rooi band lê op die pad en die asblikke staan net daar. Volgens motoriste, hou dit ’n gevaar in want dit is dalk duidelik bedags, maar nie snags nie en nie almal weet van dit nie.

Die REKORD het op 9 April vir kommentaar gevra, maar nog niks teen druktyd ontvang nie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version