Wynveiling propvol vermaak
Die aand het goeie steun geniet en gaste het hul harte sowel as hul beursies oopgemaak om die kerk te ondersteun.
DIT was een gesellige samekoms waar die gemeenskap van Alberton byeen gekom het om fondse vir die kerk in te samel. Die NG Kerk Alberton-Wes gemeente het op Donderdag, 16 Maart, ‘n wynveiling by Alberante BMW gehou om fondse vir die kerk in te samel.
“Die wynveiling is deel van ons jaarlikse fondsinsameling waarvan die wins aangewend sal word vir bybels, kosaankope vir die minder bevoorregte en om hulp te verleen in ons gemeente,” sê Deona Bernard, saakgelastigde vir die kerk.
Die aand het goeie steun geniet en gaste het hul harte sowel as hul beursies oopgemaak om die kerk te ondersteun.
U mag ook belangstel in:
Liewe Heksie kuier by die NG Kerk in Verwoerdpark
NG Kerk Brackenhurst verwelkom nuwe dominee
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.