Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?

Hoe lyk Afrikaans in jou dorp? Vertel ons en wen tot R10 000!

WIL jy tot R10 000 wen? Dit is baie maklik want Afrikaans.com wil graag die mooi van Afrikaans in al die verskillende dele van Suid-Afrika herontdek.

Om julle dorp deur julle oë te beleef, saam met julle deur jul strate te loop, te sien hoe daar in Afrikaans sake gedoen word, skoolgegaan word, gekuier word en geskep word. Elke dorp is verskillend, maar een ding is seker, op elke dorp kry jy een of ander vorm van Afrikaans … en ons wil weet … Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?

Neem deel en vertel ons #waarsitlekka in Afrikaans in jou dorp. Gaan kyk sommer nou by https://www.afrikaans.com/wen/dorp-van-die-jaar en kyk hoe jy moet maak om deel te neem.

Skryf iets, stuur ’n video of neem ’n foto. Die beste inskrywings staan die kans om ’n verrassingsprys te wen en een deelnemer gaan op die ou einde met tot R10 000 wegstap.

Kyk die video hier:

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version