Gemeenskap geskok oor skoolmeisie se dood

Gemeenskap rou oor Cora-Lee.

CORA-LEE Jansen van Vuuren (16), ’n Graad 11 leerder van Hoërskool Marais Viljoen, is op Saterdag, 11 Maart, in haar slaap dood.

Hoërskool Marais Viljoen het op Sondag 12 Maart die nuus op hul Facebook-blad bekend gemaak.

Volgens vriende het sy nog Saterdag hokkie gespeel.

Boodskappe op sosiale media het ingestroom net nadat die skool die nuus bekend gemaak het.

Haar suster, Tanya Smit, het ook op sosiale media die volgende boodskap gedeel.

“Ai my liefie ek kan nie glo dat ek besig is om hierdie vir jou te tik met die wete van jy is nie meer met ons nie. My hart is seer dit voel of hy enige oomblik kan gaan staan! Ek het gehoop as ek vandag wakker word dat alles een groot joke van ‘n droom was. Maar dit is nie. Soos boetie sê, ons het nooit eers gedink om een van ons jonger susies te verloor nie. Die gedagte was nooit daar nie want dit is nie suppose om die circle of life te wees nie! Ek is so lief vir jou en jy’t my so trots gemaak … Ek moes dit meer vir jou sê. As ek geweet het dat Saterdag die laaste keer was wat ek saam jou kon lag, het ek dit bietjie langer gedoen en vir jou n stywe drukkie gegee en gesê alles sal okay wees. Ek sal altyd aan daai dag vashou! Ek belowe dat ek vir Kiana die sussie sal wees wat ek nooit vir jou kon wees nie. Ek weet jy hou jou vlerke oor ons almal in hierdie tyd. (Ek gaan jou so baie mis) is eintlik ‘n understatement vir wat ek voel in my hart … Ek wens so erg dat dinge anders kon wees … Rus sag my engel sussie. Tot ons mekaar weer sien ek is ongelooflik baie lief vir jou en dankie vir al die ondersteuning wat jy vir my en Barry Deysel gegee het.”

*Sodra die REKORD in aanraking met die familie kom sal nuwe inligting vrygestel word.

Exit mobile version