Wat maak jou dorp uniek?

Is jou dorp miskien die wenner?

DIS weer sulke tyd wanneer dorpe hul vere regskud, hul beste voetjie (en eetgoed) voorsit en inskryf vir Kwêla se Dorp van die Jaar.

En vanjaar is Afrikaans.com een van die borge.

Vir Afrikaans.com is dit die ideale geleentheid om weer die mooi van Afrikaans in al die verskillende dele van ons land te herontdek. Om jou dorp deur jou oë te beleef, saam met julle deur jul strate te loop, te sien hoe daar in Afrikaans sake gedoen word, skoolgegaan word, gekuier word en geskep word.

Elke dorp is verskillend, maar een ding is seker, op elke dorp kry jy een of ander vorm van Afrikaans … en ons wil weet … Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?

Gaan kyk sommer nou by https://www.afrikaans.com/wen/dorp-van-die-jaar en kyk hoe jy moet maak om deel te neem. Skryf iets, stuur ’n video of neem ’n foto. Die beste inskrywings staan die kans om ’n prys te wen.

 

Kyk die volgende video oor Kwêla se Dorp van Jaar:

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Exit mobile version