NewsSchools

Alies het gees

Hoërskool Alberton skop gat.

DIE groot prestige atletiekbyeenkoms het op Dinsdag, 14 Februarie, by die Germiston stadium op ’n hoë noot afgeskop.

Dit is die een byeenkoms waarna baie skole uitsien omdat dit nie net oor atletiek gaan nie, maar ook oor gees. Skole soos Hoërskool Oosterlig, Hoërskool Alberton, Hoërskool Dinamika en Alberton High School het teen mekaar gekompeteer. Hoewel Hoërskool Oosterlig eerste geëindig het, was Hoërskool Alberton kort op hul hakke met ‘n tweede plek.

WEGSPRING: Op die foto in die middel is Danika Lemmer.

Dirigentspanne was mooi opgetooi volgens verskeie temas en Alies was vanjaar aangetrek soos die Amerikaanse fliek, The Purge.

NET SO: Die pompom groep van Hoërskool Alberton besig om te dans.

Die volgende atlete het besonder goed presteer:

EEN SKOOL: Hoërskool Alberton op die veld by die Germiston Staduim.

* Riani van der Hoven is as die junior victrix ladorum aangewys vir haar eerste plekke in 100m, 200m, verspring en hoogspring vir dogters o.15.

* Xander du Toit (o.15) was die beste veldatleet met sy drie eerste plekke in hoogspring, 100m hekkies en 300m hekkies.

* Leoni van Sittert het die rekord vir dogters o.19 gebreek en Chante Nepgen die rekord vir 100m hekkies.

Alies se pompoms groep het ook ’n paar swaaitjies en draaitjies op die veld gemaak en die ondersteuners vermaak.

KYK HOE LYK ONS NOU: Hulle het soos The Purge aangetrek.

Kyk die video hier :

https://www.facebook.com/100005515861240/videos/581337078726816/?permPage=1

DIE GROEP: Dit is hoe asemrowend die dirigentespan gelyk het.
IN AKSIE: Hier is Mikayla Venter en Leoni van Sittert besig om aflos te hardloop.
IETS OM NA TE KYK: Die dirigente het seker gemaak dat hulle raakgesien word.
IN AKSIE: Hier is Mikayla Venter en Leoni van Sittert besig om aflos te hardloop.
AFLOS: Hier is een van Hoërskool Alberton se atlete .

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button