Local newsNews

Nuwe pastoor by Alberton kerk verwelkom

Past Eddie se verwelkoming en intree preek vind plaas tydens die twee oggend dienste op 5 Maart.

PASTOOR (past) Eddie Botha word amptelik op Sondag, 5 Maart, by die Bet-El Lofprysings Kerk, in Randhart, verwelkom.

Past Eddie is ‘n bekende in Alberton en in die kerke wêreld. Hy is reeds sedert 1968 in die bediening.

Die pastoor en sy vrou, Hilda Botha, het saam 14 gemeentes regoor Suid Afrika bedien en hy was ook streekvoorsitter van die AGS (Apostoliese Geloofsending) waar hy ook op die uitvoerende raad gedien het.

In sy tydperk in die bediening het hy ook in lande soos Amerika, Rusland, Mosambiek, Swaziland en Namibië bedien. Past Eddie sluit aan by Bet-El Lofprysings Kerk waar hy die herderlike versorging van die gemeente gaan hanteer. As gevolg van die vinnige groei in die gemeente, het die nood ontstaan om hulle derde voltydse leraar aan te stel en was past Eddie hul eerste keuse om hierdie belangrike rol te vervul in die gemeente en dorp.

“Sy ervaring en bediening gaan van onskatbare waarde in die gemeente wees,” sê past Carel Joubert, van die kerk. Past Eddie se verwelkoming en intree preek vind plaas tydens die twee oggend dienste op 5 Maart. Die eerste diens begin om 08:15 en die tweede diens om 10:00.

Kom vroeg vir ‘n sitplek. Die kerk se adres is 66 Michelle Laan, Randhart. Vir verdere navrae kan die kantoor gekontak word by 011 869 3015 of stuur ‘n e-pos na kantoor@betel.co.za.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button