Local newsNews

Min baklei is hul resep vir huwelik van 70 jaar

Oom Piet en Tannie Meitjie met hul nageslagte maak vyf generasies.

MET die viering van hul 70ste huweliksherdenking op 8 Februarie is hierdie moontlik Alberton se oudste, en ook langste, getroude egpaar.

Johannes Marthinus Verster (90), of soos baie mense hom ken, Oom Piet, is in 1926 in Despatch, Pretoria, gebore en was al op 16-jarige ouderdom reeds in die weermag, waar hy na verskeie lande ontplooi is. “Ek het haar (Johanna Helena, of Tannie Meitjie) in Doornfontein ontmoet toe sy 12 was; ek was reeds in die leër,” sê oom Piet. “Ons het nie regtig veel van mekaar gehou op daai stadium nie,” voeg Tannie Meitjie (87) by.

Tannie Meitjie en oom Piet het mekaar vir jare nie gesien nie, maar toe Tannie Meitjie vir Oom Piet se suster by die treinstasie raakloop het hul weer in kontak gekom. “Van daar af het ons herontmoet en verlief geraak,” vertel Tannie Meitjie met blye herinnering.

Die paartjie woon reeds vir baie jare in Alberton en heelwat ander familielede het ook al diep spore getrap in ons gemeenskap. Tannie Meitjie het vir prokureurs gewerk en oom Piet het ’n besigheid gehad by die naam van “Piet Skiet”, wat, met behulp van plofstof, die koppies en groot stene laat oopskiet het vir die bou van paaie en sulks.

“Baie van hierdie paaie waarop ons almal ry is deur my skoongeblaas om plek te maak daarvoor,” sê hy met trots.

Wanneer die REKORD vra waarna hul die lange liefde en lang lewe toeskryf, sê hul so uit een mond dat hulle aktief bly en skaars ooit baklei, dat hulle net die regte persoon gekry het en dat hulle vir mekaar lewe.

Oom Piet en Tannie Meitjie met hul nageslagte maak vyf generasies, insluitend sewe kinders, 16 kleinkinders, 15 agterkleinkinders, en een agter-agterkleinkind.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button