Inwoners se huise weer vol water

Iets moet gedoen word aan die dreine.

DIE reën wat op Maandag, 30 Januarie, geval het, het groot oorstromings in die Randhart gebied veroorsaak, en veral weer in Toon van der Heeverstraat.

IN DIE HUIS: Dit is hoe een van die inwoners se huis binne lyk.

Die REKORD het op 18 Desember ook oor die area berig. Daar lê ’n vlei agter dié straat. “Maandag se reën het weer soveel water in die erwe in Toon van der Heever laat kom, die vlei reg agter moet verstop wees; dit lyk soos ’n massiewe rivier,” het Suzette Gous gesê.

VLOEDE: Dit is hoe die water oorstroom het.

Mense ly duisende Rande se skade omdat die water tot in hul huise begin opstoot. Dit wil voorkom as die rede hiervoor die verstopte dreine is en dan stoot die water op wanneer dit reën.

Soos mens afry in Generaal Albertslaan kan jy sien hoe van die mure nog nat is.

Kommentaar vanaf die munisipaliteit is op 1 Februarie aangevra en die REKORD sal die terugvoer plaas sodra dit ontvang is.

GEBLOKTE DREIN: Reënwater oorstroom hier.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

 

Exit mobile version