Local newsNews

Pret aand vir Charne

Charné sien baie talente onder jongklomp.

ALBERTON se eie Charné Heunis het onlangs die jaarlikse Mnr en Mej Elspark bygewoon.

Dié Mej SA Skole Wenner 2016 (Graad Agt tot Nege) en ook model van Vogue Oosrand (borg van die aand), het aan die REKORD vertel dat dit vir haar ongelooflik was om te sien hoe baie selfvertroue die jong klompie van Graad R het.

Die tema van die aand was “Superheroes” en modelle het hulself goed van hul taak gekwyt. Van die seuns het gepronk met hul groot spiere en gewys hoe sterk hulle is om enige meisie se hart te kan steel, en die meisies was ook nie bang om hul pragtige talente te wys nie.

“Wat ‘n groot eer om deel te kon wees van so ‘n wonderlike aand by die jaarlikse Mnr en Mej Elspark 2016,” het Charné gesê.

Related Articles

Back to top button