Local newsNews

Inwoner moeg vir geraas

Geraasbesoedeling irriteer inwoner.

Iets wat my ongelooflik irriteer en woedend maak is die geraasbesoedeling in ons woongebied. Jong seuns of manne op motorfietse sonder knaldempers en motorvoertuie se bande wat skreeu terwyl die strate opgejaag word, dag en nag.

Daar was ook sogenaamde drag racing voorvalle, maar dit is gou stop gesit deur my eie sekuriteitsmaatskappy, want dis tyd mors om die metro in te lig. Hopelik is dit nie net tydelik nie.

Dit lyk my dat Swartkoppiesweg tussen Vermooten- en Hennie Albertsstrate nou by Kyalami oorgeneem het soos die jongmense hier jaag teen hoë spoed ten spyte van die 70km spoedbeperking.

Dis amper onmoontik om dit maar gelate te aanvaar sonder om jou siel te versondig. Met tye is dit baie erg, veral in die middernagtelike ure en selfs op Sondae.

Ek vra heeldag om vergifnis vir “moordgedagtes”, want geen ordentlike mens kan so iets op die lange duur meer hanteer of verdra nie.

Dalk moet daar sirkels of hobbels op strategiese plekke gebou word, maar dis duidelik dat die metro niks gaan doen nie, hoe nou gemaak?

Ongelooflik hoeveel platvoerse mense jy kry in alle areas.

Francois P Theron, Brackenhurst

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

 
Back to top button