Tak vier verjaarsdag

Hannah vermaak lede met haar talent.

DIE BRACKENHURST VLU-tak se 32ste verjaarsdag is onlangs luisterryk gevier.

Bestuurslid Lulu Liebenberg en gasvroue Marianne Ehlers, Elize Smook en Betsie Grobler het behoorlik uitgehang, met pragtig gedekte tafels en smaaklike smulhappies.

Die 30 lede en 36 gaste is by die deur met ‘n glasie yskoue vrugtesap ontvang, waarna hulle by die “Wit Olifanttafel” (waar allerlei winskopies altyd te vinde is) ‘n draai kon maak.

Hannah Viljoen, ‘n aanbiddingskunstenaar, het die dames toegespreek. Van haar voortreflike kunswerke is uitgestal en sy het die dames genooi om op “The Art Farm”, waar sy ‘n ateljee het, te kom kuier. Hier op hierdie plaas ontmoet kuns, goeie kos, lekker koffie en vriende vir ‘n lekker kuier.

Hannah se ateljee, “Artworks for Hannah”, is haar passie en hier bied sy kunsklasse vir groepe en individue aan.
Hannah het ook die dames vertel en gewys hoe om akrilliese verf te meng en ‘n paar geskenkbewyse uitgedeel aan dames wat sou belangstel om een van haar kursusse by te woon. Tydens teetyd het die dames die skilderye bewonder en Hannah uitgevra oor haar werk.

Tydens hierdie geleentheid het die Brackenhurst-tak ook verslag gekry van die kongres, wat in September plaasgevind het, en is die trofee wat die tak verower het aan die dames gewys.

Die Brackenhurst-tak het 13 inskrywings by die kongres gehad en deel dus die trofee met die Wapadrandtak.
Vir meer inligting, skakel vir Anita Liesching, skakelbeampte die VLU Brackenhurst-tak, by 083 457 6332.

 

 

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version