Dis weer pannekoek tyd

Alberton Aftree-Oord se “A-Team” bak elke tweede Maandagoggend met die volgende bakdag op 21 November.

Dit is weer tyd vir bak-en-brou om die immer gewilde pannekoeke, jaffels, kerrie-en-rys en vetkoeke aan die gemeenskap op te dis.

Bestellings vir pannekoeke, jaffels, kerrie-en-rys en vetkoeke kan telefonies geplaas word op ’n Donderdag voor ’n bakdag by Cathy of Renie (011 907 8641), Lynette (079 523 5437), Joan (071 873 3763) of per faks by 086 618 9955. Ongelukkig kan die oord nie aflewering hanteer nie en bestellings moet self op die Maandagoggend, by die oord by Kritzingerweg 45, Florentia afgehaal word.
Hierdie is ’n fondsinsamelingsprojek vir die oord en die gemeenskap word versoek om dit te ondersteun.
Dié bakspan het gesê “volgens publieke kommentaar is die Alberton Aftree-Oord se pannekoeke steeds die gewildste”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version