Local newsNewsUpdate

Stephane praat haar hart uit oor Ané

“Sy was die beste mens wat ek geken het.”

“DAAI sprankelende glimlag en daai blou oë is wat ek die meeste van my beste vriendin gaan mis,” het ’n gebroke Stephane du Plessis gesê.
Ané Jacobs se liggaam is op 1 November gevind, nadat sy al drie dae vermis was.

“Ek en Ané het by die skool ontmoet en het altyd lekker dinge saamgedoen. Binne ’n jaar het sy my beste vriendin geword,” het Stephane bygevoeg.

Sy en Ané was soos vinkel en koljander. Hulle was altyd saam en, volgens Stephane, was Ané die beste mens wat sy geken het.
“Ons het saam klasse gebunk en ons het saam geleef. Mekaar se skoene en klere geleen. Ons het altyd gelag,” het sy gesê.

HAAR BOODSKAP: Stephane se boodskap op Facebook.
HAAR BOODSKAP: Stephane se boodskap op Facebook.

Stephane het aan die RECORD vertel dat Ané ’n vriendelike meisie was en dat sy al deur baie swaartye was, maar steeds ’n manier gekry het om sterk te wees.

“Ons het soveel goed saam beplan en ons sou na skool saam ingetrek het. Ek gaan Ané se sê-goedjies mis en haar vriendskap. Ek het so baie by haar geleer en ek gaan nou net vorentoe kyk en vir haar leef.”

Stephane het laaste op Saterdagmiddag, 29 Oktober, met Ané op WhatsApp gepraat.
“Toe ons haar nie in die hande gekry het nie, het ons orals heen gery om haar te gaan soek of net om te hoor waar sy was. Ek het aangeneem sy het weggeloop, soos in die verlede, en weer sou opdaag.”

Stephane het vertel dat ’n vriendin haar op Dinsdag, 1 November, gebel het en gesê het dat hulle Ané gekry het.

 

BESTE VRIENDINNE: Hulle was altyd saam.
BESTE VRIENDINNE: Hulle was altyd saam.

 

“Ek onthou nog dat ek gesê het: waar kan ek haar sien? Sy het toe vir my gesê dat hulle haar lyk gekry het. Ek was kwaad en het dit nie geglo nie .”

Stephane het toe vir Ané se ma, Anthea, gebel, en toe gehoor dat dit waar was.

“My hart is stukkend, maar ek gaan aan vir Ané. Ek hoop net dat hulle die mense kry wat dit aan haar gedoen het, en dat ‘justice geserve’ sal word,” het ’n hartseer Stephane gesê.

Sy sal ook nie Ané se ”bubbly”-persoonlikheid vergeet nie. Hulle was in graad 10 by die Hoërskool Alberton.

Hier staan Stephane du Plessis met Ané se beer, hokkiestok en skoene, wat sy nog van haar het.

 

U mag ook belangstel in:

Teenage girl’s body found

Ane’s last known whereabouts

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button