Alberton Aftree-Oord hou fondsinsameling vir die bevegting van kanker

Ds Willie Badenhorst, ondervoorsitter van die Raad vir Bejaardes, het ’n praatjie gelewer sowel as om ’n klomp pienk ballonne vry te laat as ’n simboliese gebaar.

Die Alberton Aftree-Oord het onlangs ’n kanker bewusmakingsdag gehou.
Op Vrydag 28 Oktober, het Willemien Coleman van Johnny’s Spyseniers die dag gereël, wat tesame met die Harmonie-dag waarin Manie Jackson die gaskunstenaar was, gehou is.


Manie Jackson het vertel van hoe kanker hom al geaffekteer het, eerstens deur die verlies van sy goeie vriend, Freddie Nest, en dan ook sy eie ervaring.
“Ek het so ruk gelede dokter toe gegaan nadat bloed by my mond uitgekom het en ’n skandering het ’n wit kol op my stembande gewys, wat volgens die dokter moontlik kanker kon wees,” het Jackson vertel. “So paar maande later het ek weer die dokter besoek en die kol was gelukkig weg, maar daai gevoel, daai vrees wat ek gevoel het, het by my gebly,” het hy bygevoeg.

Dit was ’n emosie-belaaide dag, wat goed verloop het en alles vir ’n goeie doel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version