NewsSchools

Laerskool Randhart hou hul jaarlikse borge-aand

Daar is ook gefokus op die skool se planne vir verdere uitbreiding en vir die toekoms in die algeheel.

DIE LAERSKOOL Randhart het onlangs hul jaarlikse borge-aand gehou, om vir almal te bedank vir hul bydrae tot en ondersteuning vir die skool.

Die geselligheid het op Dinsdag, 25 Oktober, by die Alberton Rugbyklub plaasgevind en die skool het elke gas met ‘n lekker aandete en twee gratis drankies bederf.

“Vrygewigheid: God het vir ons twee hande gegee; een om mee te ontvang, en die ander om te gee,” het Ilse Kichenbrand (organiseerder) begin.

Die skool het begin deur dankie te sê aan die Alberton Rugyklub wat hul fasiliteite gratis aan die skool geskenk het vir die aand, sowel as vir die kaartjies wat hul aan al die kinders gegee het vir Alberton Dag (R40 waarde), sowel as die ouers, beheerliggaam, onderwysers, leerlingraad, Hoërskole Dinamika- en Marais Viljoen, en al die ander mense wat bydrae gelewer het.

Suksesse van die skool is ook genoem, soos die graad sewe leerlingraad se vondsinsameling, wat R240 000 vir ‘n nuwe skoolbus gelewer het, en titels wat die skool verdien het met die meeste oorwinnings in die Goue Leeus-distrik vir rugby, uitstaande atletiek en akademie, netbal, krieket, verskeie Super 12 (kompetisie in verskeie items) titels en selfs hul kore, wat Cum Laude-ere verwerf het.

Laerskool Randhart het ook eerste plek in die hele land ontvang, vir die Bybelvasvra-kompetisie vir die jaar.

Die skool het onlangs nuwe sportssoorte aangebring, naamlik jukskei, perdry en gholf, sowel as spanredenaars en die verdere toerusting van nog tegnologie-georienteerde leermetodes, sagteware en hardeware, soos die onlangse toerusting van Wi-fi vir die skool.

Die punt is uitgelig dat, ten spyte van die aanslag op Afrikaanse skole regdeur die land, sowel as die Christelike waardes/tema binne die skole, hulle met die beste prestasies in terme van akademie, kultuur en sport spog, en dat dit vir die Regering ‘n vernedering is.

“Ons kan dit nie doen sonder julle hulp nie, julle is die rede vir ons sukses en ons hoop julle sal aanhou om ons te ondersteun, om ons waardevolste besittings, ons kinders, die beste toekoms te gee wat ons kan,” was die skool se boodskap.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button