NewsSchools

Charne wen Miss SA Schools

Sy is nie net mooi nie, maar ook baie talentvol.

AS Rolene Strauss (voormalige Mej Suid-Afrika en Mej Wêreld) iemand se rolmodel en inspirasie in die lewe is, moet jy weet dat jy een hardwerkende en beeldskone jong meisie is, wat nog ver in die lewe gaan kom. Dit is presies wie Charne Heunis (15) is. Dié meisie van die Kaap het onlangs Alberton toe verhuis en bly al vir agt maande hier en is ’n trotse graad nege leerling aan Hoërskool Alberton.

Op die vraag oor hoe vinnig sy aangepas het in Alberton het sy met ’n glimlag gesê dat almal nog net goed vir haar was en dat sy vinnig aangepas het. “Alberton voel vir my soos ’n klein dorpie, maar dis dalk omdat ek aan die Kaap gewoond is,” het sy gesê.

Charne is ook op Saterdag, 8 Oktober tydens die Miss SA Schools-kompetisie as die wenner aangewys en sy het spesiale toekennings gekry vir beste media vrystellings en die beste onderhoud. Hierdie donkerkop is ook Jnr Teen Miss Western Cape vir 2015 en 2016.

Charne is al ’n hele paar jaar aktief in die modelbedryf met verskeie ander titels agter haar naam insluitend Junior Model of the Year 2013, Miss Winelands 2014, Miss Out of Africa 2014 en dan natuurlik Miss Western Cape. “Reana van Tonder van RVT modelskool het ’n groot rol in my lewe gespeel in die Kaap en sy het my tot hier gebring het en ek sal haar nooit vergeet nie,” het Charne gesê.

Sy is ook van jongs af betrokke by liefdadigheid. “My passie in die lewe is om ’n verskil in ander se lewens te maak. Om huislose diere en minder bevoorregte mense te help in hul tyd van nood is vir my belangrik,” het Charne gesê.

“Voor ek op die verhoog gaan is ek senuweeagtig omdat ek my beste wil gee, maar dan is my ma daar om my rustig te maak. “My afrigters, Mariette en Deon van Vogue, help my ook baie voor ek op die verhoog gaan en ek het baie lief vir hulle geraak.” Volgens haar word haar uitrustings deur haar ma gemaak en help sy baie om dit so kreatief en uniek as moontlik te maak. Hulle werk as ’n span saam om van die mooiste uitrustings te maak.

In haar vrye tyd geniet sy dit om sosiaal te verkeer. Haar stokperdjie is ‘scrapbooking’ omdat sy daarvan hou om oomblikke vas te vang en dan eendag weer daarna terug te kyk.

Tydens ’n onderhoud met die RECORD het sy vertel dat sy al vele kere in haar lewe geboelie was, maar hoewel dit slegte tye was het dit haar sterker gemaak.

Charne beskryf haarself as ’n liefdevolle, kreatiewe, hulpvaardige en talentvolle meisie. “Ek is mal oor diere en die buitelewe en dis ook hoekom ek lewenswetenskappe op skool so baie geniet,” het sy gesê.

Sy’t onlangs ’n skoonheidskompetisie, King and Queen of Alberton 2016, gehou waar al die geld wat ingesamel was aan Kansa TLC geskenk was. Elke finalis moes ook ’n babaproduk gebring het wat aan die Door for Hope veiligheidshuis vir babas geskenk is.

Sy is ook ’n trotse organiseerder van Wildife Pageants wat tans in die Kaap gehou word en een van die dae in Gauteng sal plaasvind vir die Save the Rhino’s/Elephants organisasies.

Charne het ook gesê dat sy graag in Rolene Strauss se voetspore wil volg omdat sy haar titel so goed dra en soveel mense se lewens regoor die wêreld verander het. “Ek sal graag eendag Mej Suid-Afrika wil wees en dan ook Mej Wêreld omdat ek dan net soos Rolene ’n verskil regoor die wêreld kan maak,” het sy gesê.

Iets wat mense dalk nie van haar weet nie is dat sy baie bang is vir spinnekoppe. Charne glo skoonheid is nie net ’n mooi gesiggie nie, maar skoonheid kom van die hart en dan kom die res vanself. Vir enige navrae of donasies kontak haar by luzanneh@live.co.za

Charne is een jong opkomende model wat mense moet dophou.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button