Local newsNews

Lenie (102) sterf

Lenie was die ster in almal se lewens.

OUD-BURGEMEESTERSVROU, Lenie Engelbrecht (102) is op Saterdag, 1 Oktober om 22:05 oorlede.

Die RECORD het 7 September oor die viering van haar 102de verjaarsdag op 25 Augustus geskryf.

Lenie het geval en was toe opgeneem in die hospitaal. “Weens ’n drip wat in haar weefsel geplaas was het sy erge infeksie in haar arm gekry en moes dokters haar arm geamputeer het.

Die dokter het aan ons gesê dat hy verstom was oor hoe goed alles verloop het, maar sy het Saterdag net opgehou asemhaal en stil heengegaan,” het haar dogter, Daleen van der Heever, aan die RECORD vertel.

Lenie laat haar twee kinders, nege kleinkinders en 10 agterkleinkinders na. In haar jare as Albertonner het sy diep spore in Alberton getrap en sy was ook baie lank lid van die VLU in Alberton en Nigel.

“Sy was ons ster in ons lewens en het werklik ’n verskil gemaak. Ons gaan haar baie mis, maar ons weet darem sy is op ’n beter plek,” het Daleen gesê.

Die familie bedank ook almal wat so mooi na tannie Lenie gekyk het.

Lenie se begrafnisdiens is op Vrydag, 7 Oktober om 13:00 by die NG Kerk Alberton Oos.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button