Diere is uitgehonger

Wat is die oplossing?

ALBERTON Dam was op ’n tyd een van die top attraksies in Ekurhuleni, maar weens verwaarlosing het dit verander. Inwoners wat naby die dam woon kla oor die diere wat snags erg tekere gaan van hongerte.

“Daar is altyd voertuie wat onder die bome geparkeer staan en boonop is dit vuil by die dam,” het ’n inwoner (wat nie genoem wil word nie) gesê.

Wat haar die meeste pla is dat die diere honger is. Sy het aan die RECORD vertel dat sy al vele kere vir hulle kos gevat het. “Ek vat kos wanneer ek kan, maar ek is bekommerd oor die dag wat ek nie meer vir hulle kan gee nie. Wie versorg daai diere? Kry hulle ooit behoorlik kos?,” het sy gevra.

Sy het gesê dat sy nie altyd vir hulle kan kos vat nie, omdat dit gevaarlik is om vrou alleen te gaan.

“Ek voel net dat diere nie kan praat om te sê dat hulle honger is nie en die ander ding is ’n mens het al soveel stories, wat ek nie graag wil deel nie, gehoor,” het sy gesê.

Inwoners meen ook dat die voertuie wat daar staan ’n gevaar kan wees omdat mens nie weet wanneer dit dalk diewe is wat mense se bewegings dophou nie.

Die RECORD het op 23 Augustus om 14:24 kommentaar aangevra by die metro en het weer op 29 Augustus om 08:34 en weer op 22 September om 10:26, maar geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Die RECORD het ook die DBV genader en wag ook nog vir hulle kommentaar.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Exit mobile version