Robbie is nogsteeds ongelukkig

Daar was aan Robbie gesê dat dit 21 dae sal neem.

ROBBIE Robinson (80), ’n inwoner van Randhart, is baie ongelukkig oor hoe die munisipaliteit die gate wat gegrawe is om waterpype te herstel of te verleng, toegemaak het.

Die RECORD het op 7 September geskryf dat dié inwoner se kragkabel raakgekap was en dat hulle sonder elektrisiteit gelaat is.

“Ons was ’n dag sonder krag en daarna het die krag aangekom en dan weer afgegaan; hulle het dit toe herstel en tot dusver het ons nog geen probleme gehad nie,” het hy gesê.

Volgens Robbie het hulle in die 50 jaar wat hulle in Miltonsingel woon nog nooit sulke probleme ervaar nie.

“Ek het die munisipaliteit gebel en gevra wanneer hulle gaan kom opruim, en daar is vir my gesê na 21 dae. My verwysingsnommer is 2111344.”

Die RECORD het op 16 September om 11:20 vir kommentaar gevra, en sal dit plaas sodra dit ontvang word.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Exit mobile version