Local newsNews

Die liefde blom nogsteeds

Hulle maak seker dat hulle gelukkig lewe.

VYF-EN-VYFTIG jaar gelede het Robbie (80) en Alice (77) Robinson ’n belofte aan mekaar gemaak om getrou aan mekaar te bly.

Dié liefde blom egter nou meer as ooit vir die twee.

“Robbie het baie oorsee gewerk en kon skaars tyd saam met ons gesin spandeer, maar nou is dit asof die liefde nog beter geraak het. Ek kry darem nou ontbyt in die bed soggens,” het Alice gesê.

Ronnie en Alice, van Randhart, het mekaar ontmoet toe Robbie by Alice se bure gekuier het.

Die paartjie het laggend vertel hoe Robbie hulle troue se geld, wat 10 pond was, per ongeluk saam met ander papiere in ’n stofie wat vir hulle warm water gegee het, gegooi het, en daar is dit toe op in vlamme.

“Ons moes die troue vir ’n jaar uitgestel het, maar dit was steeds ’n onvergeetlike dag saam met vriende en familie,” het hulle gesê.

Hulle het twee kinders, een kleinkind en een agterkleinkind.

“Ons familie is vir ons baie spesiaal en ons het hulle elkeen baie lief,” het hulle gesê.

Hulle beskryf die 55 jare as ”geseënd”.

In Robbie se vrye tyd doen hy graag houtwerk, terwyl Alice weer baie van lees hou.

“Na my drie hartaanvalle het ek meeste van my energie verloor, maar ek het op ’n tyd my eie klere gemaak, gebrei en gehekel,” het Alice gesê. Sy was ook vir 17 jaar lank ’n onderwyseres aan die Laerskool Randhart en het vir graad een’s en drie’s skoolgehou.

“Dit was my passie en ek is lief vir die kleingoed. Hulle is soos ’n spons, suig alles op wat mens sê,” het Alice met ’n glimlag gesê.

Sy het ook vertel dat Robbie haar steunpilaar is en dat sy nie sonder hom sal kan lewe nie.

Robbie het ingespring en gesê dat sy Alice sy lewe is.

Hulle resep vir ’n goeie huwelik is om vas te byt, geloof te hê en baie geduldig te wees.

“Jy moet die ander een vertrou en ek was nooit bang dat my man my sal verkul nie, want op sy tyd was die meisies erg agter hom aan,” het Alice gesê.

Hulle raad aan jong getroudes is om geloof te hê en te kommunikeer.

Die Robinson’s gaan gereeld met vakansie en hulle sien uit daarna om in die toekoms net gelukkig te lewe.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button