NewsSchools

Namies se graad agts is vuur en vlam

Hoërskool Dinamika se leerders presteer op verskeie vlakke en het hul talente in verskeie kompetisies uitgebeeld.

HOËRSKOOL Dinamika se leerders presteer op verskeie vlakke en het onlangs hul talente in verskeie kompetisies uitgebeeld.

Fabia Ferreira, ’n graad agt leerder, het as ruiter aan die Western Mounted Games deelgeneem en het algeheel tweede, as die reserwe kampioen, geëindig. Sy stap met die eerste prys vir die ‘barrel race’ en die ‘figure eight flags’ weg. Fabia eindig boonop ook tweede in die ‘hurry scurry’, derde in die ‘poles 11’, en tweede in die ‘speedbarrels’- afdeling.

Lara Feenstra, ook in graad agt, het onlangs aan die Alberton Dans Eisteddfod deelgeneem en is aangewys as die beste moderne danser, vir ouderdom 13 en onder amateur, asook die beste ballet danser vir 13 jaar en onder.

By die Alberton Dans Eisteddfod het nog ’n graad agt leerder, Riaan van Wyk, stof in almal se oë geskop en met ’n hele klomp trofeë weggestap.

Riaan het die volgende prestasies losgedans: A++ Hip-Hop Solo; A++ Top Novice Solo; B+ Top Novice Group; A+ Hip-Hop Duet; A+ Hip-Hop Groep; en A++ Hip-Hop Trio.

*Verskaf deur Leandri Prinsloo van Hoërskool Dinamika.

U mag ook in die volgende belangstel:

Dinamika leerlinge woeker

95 onderskeidings vir Dinamika

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button