Motor en al in ‘n gat in

Daar was geen tekens van die slaggat snags nie.

JEANINE Botha (79), ’n inwoner van Meyersdal, het haarself, motor en al, onlangs in ’n gat bevind.

Die ongeluk het reeds op 6 Julie net na 21:00 plaasgevind en die RECORD probeer sedert 15 Julie om kommentaar by EMM te kry.

Volgens Jeanine was die gat in Generaal Albertsstraat, Randhart, oopgegrawe om waterpype te herstel en die gat is net sigbaar in die dag. “Ek het die aand gery en toe ek die gat sien kon ek nie uitswaai nie omdat daar ’n Jeep van voor af gekom het en heinings aan die ander kant was,” het sy gesê.

Haar nuwe motor van twee maande oud het in die gat geval en sy kon nie daaruit kom nie.

ONGELUK: Meer as R20 000 se skade.

Volgens Jeanine het die bestuurder van die Jeep haar kom uitsleep en baie ander toeskouers het hulle hulp aan haar gebied.

Sy het geen beserings opgedoen nie, behalwe dat sy erg aan skok gely het. “Die gat is na my ongeluk toegemaak en sigbaarder gemaak.”

“Van die kwotasies vir die herstel van my voertuig is ver oor die R20 000. Ek voel net dat die munisipaliteit nie die regte stappe gevolg het om mense teen die gat te waarsku nie, veral nie in die aand nie,” het Jeanine gesê.

Die RECORD het op 15 Julie om 11:06 kommentaar by die munisipaliteit aangevra, maar nog geen terugvoer ontvang nie. Daar is weer op 29 Augustus om 08:36 kommentaar gevra, en weereens is geen terugvoer ontvang nie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

 

Exit mobile version