Local NewsNews

Haal vry asem – hou op rook

Dit word aangebied in die Kainos Kerksaal in Vyfdelaan 55, Alberton-Noord.

ROKERS word ’n geleentheid gebied om die gewoonte permanent vaarwel te roep.

Anton Botha, die programleier van die ‘Haal vry asem rookstaakplan’ vertel dat die voordele om op te hou rook so baie is, dat elke roker dit behoort te oorweeg om op te hou. “Sodra mens ophou rook, slaap jy beter, kan jy helderder dink, makliker asemhaal en ook jou geheue verskerp. Jou risiko vir longkanker word 25 keer kleiner en jy het ’n 500 persent laer kans om emfiseem te kry, mits jy dit nie reeds het nie. Stop jy egter die rookgewoonte, sal die emfiseem nie verder gaan nie. Die risiko van hartsiektes word binne ’n jaar na rookstaak verminder en na 15 jaar is jou risiko dieselfde as dié van ’n nie-roker. Dink ook aan die geld wat jy spaar aan versekering, mediese koste en sigarette,” het Anton gesê.

Met die plan word praktiese stappe gedeel oor hoe om die rookgewoonte te verbreek. Natuurlike middels wat aanbeveel word, kan selfs onttrekkingsimptome verminder. Praatjies, videogrepe, groepbesprekings en spesiale handleidings maak deel uit van die bewese suksesvolle plan om op te hou rook. Om die plan by te woon is gesellig, informeel, pret, en dit werk.

Die volgende aanbieding van die program, wat heeltemal gratis, is vanaf 1 tot 9 September (Sondag, 2 September uitgesluit) in die Kainos Kerksaal, Vyfdelaan 55, Alberton-Noord.

Die bekendstelling vind plaas op 1 September vanaf 19:00.

Vir bespreking en inligting, skakel Anton by 074 885 9696, Armand by 083 576 7111, of Charmaine by 072 790 6828.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Related Articles

Back to top button