Driekie praat oor kinders

Sonskyn-tak neem afskeid van Rosa van der Spuy.

DIE status van kinders was een van die hoogtepunte tydens die VLU Sonskyn-tak se vergadering op 13 Junie by die NG Kerk in Verwoerdpark.

Driekie Moutinoh (72), ’n maatskaplike werksbestuurder van die Kindersorg Germiston, het vroue meer ingelig oor die werk en die rol van ’n maatskaplike werker. Sy is al vir 50 jaar lank in die bedryf en volgens haar is sy een van daai mense wat nie by die huis kan sit nie. “Ek voel ook dat ek my kennis nie vir myself moet hou nie, maar dit moet deel,” het Driekie gesê.

Sy het die Kinderwet bespreek en vroue was baie geinteresseerd. “Voor daar vir my gesê word dat die kind weggevat moet word, vra ek eers wat het maatskaplike werkers gedoen om dié gesin te help? Die kind se belange bly in alle situasies die belangrikste,” het Driekie gesê.

Anna Oosthuizen het Driekie namens die tak met ’n geskenk bedank en vir haar gesê dat sy ’n liefdeswerk doen en dat mens kan sien sy gee om vir kinders.

Takvoorsitter Dini Jansen, het lede ook weer van die Bernina Naaldwerkklas wat op 17 Junie om 09:00 plaasvind, vertel.

Elke VLU-tak het die opdrag gekry om ’n kwiltblok te maak voor die 2017 Konferensie. Dit was ook Rosa van der Spuy se laaste vergadering en sy het vir elke lid ’n gedig geskryf wat elk perfek beskryf het. Sy was vir 38 jaar en ses maande ’n lid van die VLU gewees.

“Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan en dankie aan ieder en elk van julle vir die wonderlike fees. Julle het my gehelp groei en ek het soveel by julle geleer,” het Rosa gesê.

 

Vir meer inligting, skakel Dini by 082 552 4683.

Lees ook dié:

*albertonrecord.co.za/?p=99569;

*albertonrecord.co.za/87309/sonskyn-tak-skitter-by-die-vlu-kongres/

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Exit mobile version