Die visie vir die NG Kerk die volgende 100 jaar

Mag die NG Kerk in Alberton in die volgende 100 jaar ‘n ontdekkingsreis meemaak saam met haar lidmate en mede-Albertonners.

Die visie van die kerk moet wees om doodgewone mense te begelei om opnuut oor geloof te dink en hoop daarin te vind. Om mense weer opgewonde te maak oor die eeue oue vehaal van Jesus Christus, wat vir ons die voorbeeld is, oor hoe om na God se beeld te leef. Tydens hierdie ontdekkingsreis moet mense gemotiveer word om deel te neem aan sy of haar eie geestelike reis en betrokkenheid in die gemeenskap.

Daar moet gefokus word op die vryheid wat ons in Christus het deur die Heilige Gees – nie net van sonde nie, maar die lewe in oorvloed ook. Mag dit wees wanneer God se Gees ons menswees aanraak, dat ons nooit weer dieselfde sal wees nie.

Die kerk moet glo in die werk wat sy doen en dat dit hoop bied, ten spyte van haar eie tekorte. Mag die NG Kerk so dwaas wees om steeds te glo sy kan ’n verskil maak. Dit is ’n avontuur en natuurlik ’n emosionele reis.

Die doel van hierdie reis is dat mense ’n nuwe dimensie in sy of haar verhouding met God betree, en so die roeping van God se kerk ontdek. Lidmate en mede-Albertonners moet toegerus word met die nodige lewensvaardighede, om ’n verskil te gaan maak in hierdie dorp en in hierdie land.

Die verskil lê daarin om as navolger van Christus op te tree in die samelewing.

Mag die NG Kerk in Alberton in die volgende 100 jaar ’n ontdekkingsreis meemaak saam met haar lidmate en mede-Albertonners om:

Met dit alles gesê word almal uitgenooi na die NG Kerk in Alberton se Eeufeesviering by wyse van ’n Nagmaaldiens te Eeufeeskerk op 21 Augustus om 11:00.

Na afloop van die Nagmaaldiens is daar ’n feesete teen R120 per persoon. Jy kan jou etekaartjie bespreek by Daniel Viljoen by 011 907 0518.

Groete in Jesus Christus.

Ds Deon Louw – NG Kerk Alberton-Wes

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

Exit mobile version