Local newsNews

Dinamiese vroue samel geld in vir rugbytoer

Hoërskool Dinamika het op Saterdag, 13 Augustus, ‘n damesoggend gehou.

HOËRSKOOL Dinamika het op Saterdag, 13 Augustus, ’n damesoggend gehou.

Hierdie geleentheid is gereël sodat hulle geld kon insamel vir die o.15 rugbyseuns wat na Hermanus gaan toer in 2017.

Almal het bygedra om dit ’n baie suksesvolle oggend te maak. Die gaste wat by die oggend teenwoordig was, sluit in Hannelie Warren van ‘Binnelanders’ en Lisa Katzke wat ’n sangeres en oud-Namie is.

Hannelie het die vrouens met haar inspirerende woorde moed vir die lewe gegee en Lisa het trane in die oë laat opwel met haar sang. Hierdie twee vroue is sowaar ’n inspirasie vir baie vrouens.

Daar is geskenke uitgedeel en almal het met ietsie ekstra in hul hart weggestap. Hannelie het ook boonop ’n bydrae van R500 tot die rugbyspan se toer gemaak.

Anet Rademeyer, van Hoërskool Dinamika, het hierdie geleentheid gereël en met al haar harde werk en bydraes van die rugbyseuns se ouers, sowel as die vrouens wat hierdie oggend bygewoon het, het hulle op hierdie stadium genoeg geld ingesamel om twee seuns te kan help met die kostes vir hul toer.

“Dit is net weereens ’n bewys dat Hoërskool Dinamika ’n gemeenskap is wat saam staan en nie twee keer sal dink om iemand in nood te help nie,” het Leandri Prinsloo van die skool gesê.

“Vir elke dame wat in hierdie oggend gedeel het, baie dankie vir jul goedhartigheid en dat julle deel was van hierdie wonderlike geleentheid,” het Anet bygevoeg.

U mag ook in die volgende belangstel:

*Dinamika leerlinge woeker

*Dinamika se mooi mense

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button