Local newsNews

Anna vier haar 90ste verjaarsdag

Anna de Buys is een merkwaardige vrou.

ALBERTON inwoner, Anna van der Sandt, het haar 90ste verjaarsdag op 3 Mei gevier en spog boonop met vyf geslagte agter haar.

Haar kleindogter, Anna de Buys, is 40 jaar later gebore en agterkleinkind Ashley de Buys is ook 40 jaar na Anna de Buys gebore. Die ouderdoms verskil tussen die kleinkinders is presies 40 jaar.

“Wat dit ook so merkwaardig maak is dat ouma Anna doofstom en blind is. Toe sy ses maande oud was het sy doofstom geword en op die ouderdom van sewe het sy haar een oog weens ’n katarak verloor en die ander oog so 24 jaar later,” het haar kleindogter, Anna gesê.

Benewens haar gestremdheid is sy gesond en was sy haar eie wasgoed met die hand omdat sy nie in ’n masjien glo nie. Anna brei ook nog serpe en slaapsokkies. “Sy is ons anker in ons familie en ons kyk so baie op na haar.

“Ons is baie geseënd om vir ouma Anna nog in ons midde te hê en vra ons Vader se seën oor haar gesondheid,” het haar kleindogter gesê.

Lees ook die:

*albertonrecord.co.za/26133/vol-genot-oor-vyf-generasies/;

*albertonrecord.co.za/46332/mylpale-gevier-met-verjaarsdae/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button