Local newsNews

Damesklub vergadering wys talent

Daar sal geen vergadering in Julie wees nie.

DIT was ’n oggend van woord- en sangkuns by die Alberton Damesklub op 9 Junie tydens hul byeenkoms in die Alberton Aftree-Oord se saal. Die klubvoorsitter, dr Trix van Wyk, het met ’n Bybelvers vanuit Romeine geopen en lede was baie gemotiveer deur haar positiewe gesindheid.

Een van die byeenkoms se hoogtepunte was die gaskunstenaar, Joey Basson, se optrede wie Trix as ’n opregte Albertonner beskryf. Joey sing al van kindsbeen af en vandag skryf sy haar eie musiek, lirieke en gedigte. Sy het by haar pa geleer kitaar speel.

Joey was ook al verskeie kere deur die ATKV versoek om by plekke regoor Suid-Afrika te gaan optree insluitend George, Bloemfontein en Oos-Londen.

Maar wat staan ’n gaskunstenaar te doen as sy onverwags laringitis opdoen? Wel, sy gebruik haar inisiatief en die geleentheid, waartydens sy net twee liedjies kon sing, om van haar gedigte en ander liedere voor te lees.

Volgens Joey vertel al haar liedjies ’n storie en skryf sy graag oor dinge wat in die lewe gebeur. Sy tree gereeld by troues, begrafnisse en ander funksies op. “Ek sing en tree op vir die liefde van die saak,” het Joey gesê.

Die damesklub se volgende byeenkoms is op 11 Augustus om 10:00. Vir meer inligting skakel gerus vir Trix by 082 552 4683.

U mag ook van dié hou:

*albertonrecord.co.za/…/alberton-damesklub-sluit-2014-feestelik-af/;

*albertonrecord.co.za/89789/damesklub-neem-afskeid/

 

“For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button