Local newsNews

Ligstad maak groot vordering

Ligstad Voorskool gaan binnekort meer kleuters kan akkomodeer.

MET die stigting van Ligstad se voorskool in 2015 was daar slegs vier kleuters.

“Binne ’n maand en met die Here se genade, het hierdie getal gegroei na ’n asemrowende 20 kleuters tussen die ouderdom van drie en ses jaar. Ons kon dus duidelik sien dat daar ’n nood was vir ’n bekostigbare voorskool in die noorde van Alberton. Aan die begin van 2016 het ’n verdere 25 kindertjies by die Ligstad-familie aangesluit. Die Here is nog lank nie klaar met ons nie,” het die hoof van Ligstad Voorskool, Gerda Roestof gesê.

Met die vriendelike samewerking van hulle donateurs, is Ligstad se nuwe klaskamers byna voltooid. Met die vergrote spasie sal hulle ’n groter getal kleuters kan akkommodeer. “Dankie aan al die donateurs vir die skenking van items soos skryfbehoeftes, klere, meubels sowel as hul finansiële bydraes. Sonder jul hulp sou die groei wat ons tans ervaar, moeilik bereik kon word,” het Gerda verduidelik.

Wanneer dit kom by die opvoeding wat deur die voorskool gebied word, kan die rol van speel nie oorbeklemtoon word nie. “Om te speel bied ’n aktiewe vorm van leer. Dit bevorder ’n kind se probleemoplossingsvermoë terwyl die speletjies wat hulle opmaak bydra tot hul kreatiwiteit. Deur ’n bal te skop of vir mekaar te gooi, word hul koördinasie verskerp terwyl die oefening wat hulle kry deur te speel, spierontwikkeling bevorder.

“Die kleuters word geleer om te deel, beurte te maak en watter tipe gedrag ander gelukkig of ongelukkig maak. Deur te speel word ’n kind die geleentheid gegun om uiting te gee aan hul vrese, angste en begeertes,” het sy gesê.

Gerda het ook gesê dat speel, kinders se ontwikkeling stimuleer.

 

“For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button