Local newsNews

Nico Booijse kuier by Emmanuel

Daar het 'n vrolike gees geheers.

DIE EMMANUEL-GROEP is onlangs weer lekker verras, en die keer met ‘n genotvolle kuier saam met die talentvolle sanger, Nico Booijse.

Daar het ‘n vrolike gees geheers en Nico het die gaste bekoor met sy unieke sangtalent en pragtige stem.

Hy het groot bewondering vir ma’s en wat hulle doen, veral vir sy eie ma.

Hy het liedjies vanuit die verre verlede gesing wat mense se hartsnare geroer het.

Hierdie goue oues het ingesluit “Blue Jeans” van Neil Diamond, “Toy Train”, Die Hemel Weet, Gypsey Woman en Net Een Gister.

Nico het in 1999 begin sing en het al agt CDs vrygestel.

Hy spog ook met 2 500 vertonings in 16 jaar en het in Maart ’n SA Top 10 toekenning vir nuwe Country Komposisie by IFM gewen.

Lees meer hier:

albertonrecord.co.za/17270/emmanuel-se-laaste-vergadering/

albertonrecord.co.za/tag/kanker/

albertonrecord.co.za/…/jong-kunstenaar-raak-emmanuel-harte-aan/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button