Local NewsNews

Dirk sluit aan by NG Kroonrand

Die Lourens-egpaar is op 4 Junie by Nederduitse Gereformeerde Gemeente Kroonrand verwelkom.

DIE kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Kroonrand was bly om ds. Dirk Lourens as leraar op 4 Junie in hulle gemeente te verwelkom.

Ds. Jan Hofmyer het die liturgie waargeneem waarna Ds. Johan Conradie (voorsitter van die Ring van Turffontein) die bevestiging waargeneem het. Lourens het op Sondag 5 Junie om 09:00 sy intreepreek gelewer.

Dirk is op 26 Mei 1961 gebore en is getroud met Daleen,’n onderwyseres. Hulle het twee kinders, Anria en Dirk wat albei nog studeer.

Dirk het hoofsaaklik in Kiblerpark grootgeword en het in 1979 aan Hoërskool President gematrikuleer. Daarna het hy by RAU gestudeer en sy BA-Admissie graad in 1985 behaal.

Hy het sy BD-graad in 1988 aan die Universiteit van Pretoria (UP) voltooi en is in dieselfde jaar gelegitimeer.

Dirk het vanaf 1989 tot 1991 diensplig gedoen voordat hy vanaf September 1990 tot April 1993 pastoralehulp in die Suid-Rand gemeente gebied het. Hy sluit aan by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) as kapelaan vanaf Mei 1993 tot Februarie 1999. Gedurende hierdie tydperk is hy pastoralehulp in die Doornkop gemeente en daarna ook in Mondeor gemeente nadat hierdie twee gemeentes saamgesmelt het.

Dié leraar was ook lid van die SANAE 36-span na Antartika vir drie en ’n half maande gewees. Dirk is as tentmakerleraar (jeug en evangelisasie) in September 1996 by Kroonrand gemeente georden. Hy ontvang demissie by Kroonrand op 31 Desember 1999 nadat die gemeente nie sy traktement vanaf die SANW kon oorneem nie. Dirk was betrokke by Walk Thru the Bible as ’n world teacher en kan die verskeie kursusse wat Walk Thru the Bible vrystel, aanbied. By Townsview gemeente was hy verantwoordelik vir die Bybelskool, waar hy dikwels van hierdie materiaal gebruik gemaak het. Dirk het die NG Gemeente Alberton (Feesgemeente) as pastoralehulp vanaf Januarie 2005 tot Februarie 2007 gedien.

Hy is beroep as tentmakerleraar vanaf Maart 2007, en ontvang demissie in Desember 2010 na die gemeenste se eenwording met Alberton-Suid. Daarna skakel hy as ouderling in by die Verwoerdpark gemeente. Dirk bedryf sy eie besigheid, eKaya WEB Services. Na sy kontrak met die SANW in Februarie 1999 verstryk het, word hy as deeltydse beurs administrateur by Studietrust in diens geneem. Hy is sedert Januarie 2009 voltyds as operasionele bestuurder aangestel.

Related Articles

Back to top button