Van speldekussings tot kongres praatjies

Dit gaan lekker by die Dinwiddie se VLU-tak.

DIT was ‘n gewoel en gewerskaf om speldekussings te voltooi en dan ook nog reëlings te tref vir die komende VLU-kongres, later vanjaar.

Dinwiddie se VLU-tak het op 19 Mei hulle maandelikse vergadering gehou.

Lede het van die maandelikse kompetisie artikels bespreek, asook die reëlings vir die komende Kongres, in September.

Van die hoogtepunte van die vergadering was die speldekussings wat lede self tydens die byeenkoms gemaak het.

Verder het Bébé Geldenhuys, sekretaris, denke oor ma-wees gedeel en Rina Mowbrey, die skakelbeampte, het lede oor die Voël van die Jaar, wat die versamelvoël is, ingelig.

“Die versamelvoël is ‘n sangvoël wat in Suidelike Afrika voorkom, dit behoort tot die familie van wewervoëls (Ploceidae) en is endemies aan Suidelike Afrika,” het Rina vertel.

”Uiterlik lyk hulle baie soos die huismossies. ‘n Versamelvoël is 14cm lank en weeg 24 tot 32 gram.”

Rina het ook gesê dat die voël ‘n groepvoël en koöperatiewe broeier is.

Die volgende vergadering vind op 23 Junie plaas, en dan volg daar een op 18 Augustus. Dames wat wil deel word van die VLU-tak kan gerus vir Corrie Raubenheimer by 078 387 7931 skakel.

Lees meer hier:

albertonrecord.co.za/63359/vlu-dinwiddie-stap-weg-met-die-loure/

albertonrecord.co.za/tag/dinwiddie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version