Lombardi Lions wil mense leer

’n Leeu sal altyd aanpas, maar hy sal sy wil altyd volg.

OM leeus te versorg en mense meer oor leeus te leer is die passie van die Lombard-gesin, wat Lombardi Lions net buite Alberton besit.

Met 17 jaar se ondervinding leer hulle daagliks nog meer by die leeus. Lombardi Lions het in 1999 begin, en hulle is nou al vir die afgelope vyf jaar in Gauteng besig met opvoeding by alle skole

Retha Lombard en haar ma besoek skole daagliks om kinders meer van leeus te leer. Die kinders kry dan die geleentheid om aan ’n welpie te raak en na geluide van die leeus te luister en dies meer

“Ons werk altyd volgens die welpies se verskillende persoonlikhede en gemoedstoestand, en as hulle die dag nie wil nie, word hulle nie forseer nie,” het Retha gesê.

Sy het ook gesê dat hulle die welpies tot ’n sekere ouderdom hou en na daardie ouderdom word daar nie meer mense by hulle toegelaat nie sodat hulle so natuurlik as moontlik kan lewe. Retha het aan die REKORD verduidelik dat die mens nooit die leeu kan mak maak of verander nie. Sy instink sal nie verander nie dit is helemal te sterk

’n Leeu sal altyd aanpas, maar hy sal sy wil altyd volg.

“Ons probeer om die welpies op die regte manier groot te maak en sal nooit iets doen wat nie deur die natuurbewaringswet goedgekeur is nie,” het sy vertel.

Lombardi kry van hulle welpies by telers of by hulle eie leeus, daar is verskeie redes hoekom Lombardi welpies het: omdat van die groter leeus die welpies doodbyt of die ma hulle wegstoots, dit word als gedoen vir die welpies se oorlewing.

 

OULIK : Een van die welpies by Lombardi Lions.

 

In die natuur oorleef net 20% van leeus se welpies, omdat siektes oorneem, gevegte gebeur, die habitat verkeerd is, jagtery plaasvind en abnormale temparture heers.

“Ons is bekommerd oor die voortbestaan van leeus en dit sou nooit so gewees het, as mense nie ingemeng het nie,” het Retha gesê.

”Sodra daar ’n prys op ’n dier se kop is, is hy klaar bedreig.

“Ons stem nie saam met die jaginstutisie nie, en dit is juis daarom wat ons mense wil inlig en leer en leeus laat voortbestaan,” het Retha gesê.

Sy het bygevoeg dat al die geld wat hulle invorder, aan die welpies bestee word, omdat hulle ’n sekere tipe melk ontvang, en ook duur kos.”

 

KLEIN : Die welpie is twee weke oud en is tans in die sorg van Lombardi Lions.

 

Die REKORD het ook die volgende vrae aan Retha tydens die onderhoud gestel:

1. Wat kan mense verwag wanneer hulle Lombardi Lions besoek ?

”Mense kan verwag dat hulle meer gaan weet as wat hulle geweet het. Hulle gaan saam met ons, ons passie deel en ons gaan hulle leer wat ons die afgelope 17 jaar by die dier self geleer het. Mense kan ook verwag om hulle harte te verander, om dalk nooit ’n leeu te jag nie.”

2. Hoe kan iemand by julle kom dien as ’n vrywilliger ?

”Mense moet eers bo 16 jaar oud wees. Hulle moet opleiding kry en hulle moet ook ’n passie vir leeus hê. Vrywilligers kry dan die geleentheid om met die welpies te werk, maar ook ’n verskil te maak.”

 

 

3.Wat is Lombardi Lions se doelwitte?

“Ons wil definitief ’n organisasie vir leeus stig wat die voortbestaan van hulle sal help verseker. In die toekoms moet leeus weer wees waar hulle in die verlede was, en leeus kan nie net gelos word om uit te sterf nie.” Retha het ook gesê dat hulle passie vir die dier wil laat groei en nog meer leer en nog meer mense betrokke kry.

4. Hoeveel leeus het Lombardi Lions tans ?

”Bykans 50 leeus.”

 

 

5. Wat is jul handelsure?

”Lombardi Lions is oop op bespreking van Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 17:00, en op vakansiedae en naweke van 09:00 tot 15:00.”

6.Waar kan mense meer oor julle uitvind?

”Op ons webwerf, lombardilions.co.za. Die webwerf word gereeld verander soos dinge met die welpies verander. Mense kan ook vir my skakel, by 071 887 5656, of ‘n epos stuur by lombardilions@live.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version